• Tuisblad
  • Sake
  • Spar-klante lig nie die elmboog hoog oor Kersfees
Spar-klante lig nie die elmboog hoog oor Kersfees
Spar-klante lig nie die elmboog hoog oor Kersfees

Spar-klante lig nie die elmboog hoog oor Kersfees

Hanlie Stadler - Dit was 'n droë Kersfees en Nuwejaar vir Spar. Die groep wys in 'n handelsverklaring hy gaan nie vanjaar weer op sy drankwinkel Tops kan staatmaak om sy omset skerp te laat styg nie.

In die eerste vier maande van sy boekjaar – Oktober tot Januarie – het drankverkope met slegs 4,5% gestyg. Dis teenoor die styging van 19% in die eerste ses maande van die vorige boekjaar, en van 17,6% vir die volle 2019-boekjaar.

Die groep skryf dit toe aan kwaai mededinging onder drank­winkels, maar ook aan die enorme druk op verbruikers se besteebare inkomste.

Die nuus oor die traer styging in die groep se verkope in ál sy markte het die aandeelprys 3,8% laer op R186,50 laat sluit.

Die hele groep se verkope wêreldwyd het in die vier maande met 5,4% tot R39,79 miljard gestyg.

Spar Suider-Afrika se verkope het met 4,9% gestyg. Dit sluit in Spar, Tops en die selfdoenwinkel Build It.

Net by Spar het verkope met 6,1% gestyg en vergelykbare verkope met 4,6%.

Die styging is grootliks danksy interne prysstygings van 4,2%.

Tops se verkope het met net 4,5% gestyg.

Build It se verkope het met 3,4% gedaal. Spar Ierland se omset het met 0,7% in euro gestyg. Die groep sê verbruikers se kommer oor Brexit het hulle ­versigtig gemaak om geld te bestee. Danksy 'n effens swakker rand was verkope 1,5% hoër in randwaarde.

SWITSERLAND EN POLE

Spar Switserland se verkope in Switserse frank het met 1,9% gedaal, maar in randwaarde was dit 2,6% hoër. Die groep sê marktoestande in Switserland is moeilik, maar Spar vaar beter as sy mededingers.

Spar het in Oktober 'n ­beherende belang in die Poolse kleinhande­laar Piotr i Pawel bekom.

Die winkelgroep is besig met skuldherstrukturering en Spar is “baie positief” oor die vooruitsigte van die onderneming.

Die groep reik sy ­halfjaarsyfers vir die ses maande tot einde Maart op 13 Mei uit.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!