Spar se Tops verkoop R1,2 mjd. meer drank
In die afgelope boekjaar het dié groep 41 meer drankwinkels in die buurland geopen, wat neerkom op sowat drie winkels per maand.
Nellie Brand-Jonker – Die Spar-groep se Tops-drankwinkels het in die boekjaar tot einde September R1,2 miljard meer drank verkoop as in die vorige boekjaar.
Tops – ’n kleinhandelaar – se verkope het met 11% van R10 miljard in die 2017-boekjaar tot R11,2 miljard gestyg.
Die Spar-groep – ’n groothandelaar – se omset uit die verkope aan Tops at Spar het met 13% gegroei. Spar-franchises koop hul produkte by die groothandelaar.
Graham O’Connor, uitvoerende hoof van die Spar-groep, beskryf dié groei as “indrukwekkend”. “Dis seker jaar 14 van dubbelsyfergroei vir Tops.”
Op die vraag wat Tops se geheim is, sê hy die aanbod vind aanklank by verbruikers. En: “As dit sleg gaan, drink mense meer en as dit goed gaan, drink mense meer.”
Hy meen die gerief van ’n drankwinkel in ’n Spar help beslis ook.
Groot bemarkingsinisiatiewe en die handelsnaam wat verfris is, het ook gehelp om meer besteding te lok.
In die afgelope boekjaar is 41 meer drankwinkels geopen, wat neerkom op sowat drie winkels per maand.
Daar is nou 774 van dié winkels landwyd, waarvan 53 opgeknap is.
As die nuwe winkels buite rekening gelaat word, het die
omset in bestaande winkels met 7,5% gestyg.
O’Connor ontken die omset word deur prysstygings gelig, hoewel die interne inflasie op drank wel hoër was as die interne voedselinflasie van 1,4% in die boekjaar.
Die stewige omsetgroei in Tops-winkels het Spar Suid-Afrika se omset help lig.
Die kleinhandelverkope in Spar-winkels het met 4% tot R79,7 miljard toegeneem. Uitgesluit die 145 nuwe winkels wat geopen is, het die verkope met 2,3% toegeneem.
Die getal Spar-winkels is in die boekjaar met 34 tot 937 verhoog.
Die Spar-groep se omset uit groothandel in Suider-Afrika het met 6,7% tot R68,8 miljard gestyg. Dit sluit in verkope aan apteke en Built It.
Die getal kratte wat deur sy sewe verspreidingsentrums versend word na kleinhandelaars, het met 3,2% tot 231,7 miljoen gestyg. Dit word as ’n maatstaf van volumegroei gebruik en is ’n omkeer van die vorige boekjaar se daling.
O’Connor skryf dit toe aan onder meer beter prysing. “Dit is teweeg gebring deur ’n groter fokus op aankope en doeltreffendheid en om koste uit die stelsel te kry sodat skaflike pryse aan die kleinhandelaars gegee kan word.”
Boonop het Spar se plan met vars produkte in sy winkels ook sy winsmarge gehelp. Dié produkte, wat klaarbereide etes insluit, het hoër winsmarges.
Die hoër winsmarges wat met sy eiehandelsnaamprodukte gekry word, help ook. Volgens O’Connor het Spar nou die 20%-kerf van totale omset bereik wat hy met dié produkte wou bereik.
Die omset van handelsnaamprodukte het met 4,3% tot R10,7 miljard gestyg. Die omset hiervan is negatief geraak deur die wesenlike deflasie op sekere basiese produkte.
Die vraag na produkte wat onder die Spar-handelsnaam verkoop word, het sterker gegroei teen 5,8% tot R8,5 miljard.
“Volumes het toegeneem danksy innovasie en nuwe produklyne, asook bemarking. In hierdie omgewing soek verbruikers produkte wat goedkoper as die handelsnaam-produkte is, maar steeds gehalte bied.”
Die Spar-groep het ook belange in Ierland en Switserland.
· In geheel het die groep se omset met 5,9% tot R101 miljard gestyg, met Suider-Afrika wat nog verreweg die grootste bydraer is.
· Die groep se bedryfswins het met 7,9% tot R2,8 miljard gestyg. Suid-Afrika dra R2 miljard hiervan by.
· Sy wins ná belasting het met 0,4% gestyg tot R1,8 miljard.
· ’n Slotdividend van 729c per aandeel is verklaar, wat 8% hoër is as die vorige jaar s’n. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie