Speaker bied lesing aan op Sørlandet
‘n Versoek is gerig om Namibiërs aan boord te neem van die seilskip waarop leerlinge al varend onderrig word.
Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het op 4 Januarie ‘n lesing aangebied vir die 62 graad 11’s en 12’s wat op die wêreld se oudste seilskip, Sørlandet, ook bekend as die “Pêrel van Noorweë”, onderrig word.
Die boot is die seilende “kampus” waar die leerlinge van die A+ World Academy onderrig word.
Dit was van Kristiansand in Noorweë na Argentinië onderweg toe dit kort ná Nuwejaar by Walvisbaai aangedoen het.
Die leerlinge word tien maande lank onderrig terwyl die seilboot, wat sover as moontlik op die wind staatmaak om te vaar, die oseane van die wêreld kruis. Die meeste van die leerlinge is van Noorweë afkomstig, maar daar is ook leerlinge van elders in die wêreld wat hierdie mobiele kollege bywoon om persoonlike, sosiale en kulture groei vanweë hul blootstelling te beleef.
Al die klasse vind aan boord van die skip plaas. Benewens die bemanning en 62 leerlinge, is daar ook sewe onderwysers op die skip.
In die vier dae wat die skip by Walvisbaai voor anker gelê het, is dit ook deur amptenare van die munisipaliteit besoek. Die geleentheid is gebruik om die vennootskapseenkoms tussen Kristiansand en Walvisbaai te erken en te vier.
Katjavivi het ná die lesing tyd met die leerlinge bestee en die bestuur van die kollege versoek om dit te oorweeg om ook Namibiese leerlinge aan boord te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie