Speel voetjie-voetjie met Manie Muis
Mariselle Stofberg – Die Mariselle-kaskenades het ook geen einde nie. Net as ek dink my lewe begin normaal raak, word ek verras met nog ‘n situasie waar ek myself én my reaksie bevraagteken.
Ek het onlangs een van hierdie episodes ervaar. ’n Ruk terug het ek en my ma tot ons skok agtergekom ons huisves ‘n muis. So oulik soos muise seker kan wees, was ek nie opgewonde oor die idee van een wat in die nag in ons huis rondhardloop nie.
Ons het alles probeer om hom uit te snuffel en van hom op ’n humanitêre manier ontslae te raak. Soos ek gesê het, is ek nou nie regtig wat jy “normaal” sou noem nie. Ons wil hom nie in die huis hê nie, maar ons wil hom ook nie dood hê nie.
Baie sal vra: “Maar wat van Bella, julle boerboel? Hoekom help sy nie?”
Bella probeer, maar swaartekrag en ons huis se teëls werk teen haar. Sy sal hom sien, en jy kan in haar gesiggie sien hoe hard sy probeer om by hom uit te kom, maar omstandighede maak dit onmoontlik.
Sy hardloop gly-gly deur die huis en lyk daarna vreeslik trots op haarself dat sy dit reggekry het om drie tafels, ‘n stoel en ‘n blompot om te gooi in die proses om vir Manie Muis te vang.
Een oggend sê ek vir my ma ek sal met Bella gaan stap dan kan sy ’n bietjie laat lê. Ek sukkel die oggend om op te staan, en beweeg in die donker kombuis toe. Daar moet ek my tekkies aantrek en Bella se leiband regkry voor sy my oor die pad gaan sleep, want ons almal weet sy vat mý eintlik vir ‘n stappie.
Met hare wat in 14 rigtings staan, oë wat skaars oop is en sokkies met ‘n gat of twee in, skoffel-skoffel ek die gang af.
Met die dat die lig van die badkamer effens lig in die kombuis gooi, sien ek iets vreemds op die vloer lê.
Dit is te donker om uit te maak wat dit is, maar weer eens bevraagteken ek my onmiddellike reaksie. Meeste mense sal die lig aansit en eers behoorlik ondersoek instel. Party mense sal verby dit loop, want ons verkies vlug bo veg.
Mariselle is nie meeste mense nie.
Mariselle besluit om die voorwerp te skop, want haar kop raas.
Soos ek skop, skop die ding terug. Ek beweeg hom, en hy beweeg terug. Ná skoppie drie besef ek hier is groot fout, want die ding het dan ‘n stert.
En net daar besef ek: Ek het so pas voetjie-voetjie met ‘n muis gespeel.
En Manie Muis besef dieselfde, want skielik kry hy woema en kom met mening na my kant toe.
Bella besef uiteindelik hier is fout, en swaai om waar sy en Manie mekaar in die oë kyk.
Bella hardloop, al sien sy ek staan reg voor Manie, maar sy sien net rooi. Sy hardloop my voete onder my uit, want vandag gaan sy muis vang; met of sonder my hulp.
Ek probeer die kombuisstoel gryp om my balans te hou, maar dié was ook nie gereed vir my volle gewig teen hom só vroeg in die oggend nie. Ek en stoeltjie kom met ‘n oorverdowende slag aarde toe, en in die gang af hoor ek Bella probeer nog gly-gly om Manie te vang, wat lankal sy pie gevat en waai het.
My ma strompel uit die kamer uit, want hierdie Babelse verwarring het sekerlik die hele buurt wakker gemaak.
Die lank en kort van hierdie storie: Sit net die lig aan; so maklik soos dit. En kry tog asseblief matte in jou huis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie