Spek-en-tamatiepasta
15 minute Bereidingstyd
4 Porsies
10 minute Gaarmaaktyd
Bestanddele
300 g tagliatelle
15 ml olyfolie
250 g spekstukkies
200 g kersietamaties, gehalveer
2 knoffelhuisies, gekap
1 brandrissie, gekap
’n hand vol gerasperde parmesaankaas
2 eiergele
Metode
15 minute
1. Kook die pasta in soutwater tot al dente.
2. Maak intussen die sous Verhit die olie en braai die spek tot bros. Voeg die kersietamaties, knoffel en brandrissie by en braai vir ’n paar minute tot die tamaties sag begin raak.
3. Skep die gaar pasta nat-nat in die pan met die sous en skud die pan om dit deur te meng. Verwyder van die hitte en meng dadelik die kaas en eiergele deur om die sous te verdik. Geur na smaak met sout en peper en sit dadelik voor met vars basilie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie