Speke sing kuslangs vir bemagtiging
Tanja Bause
Die Australiese ontdekkingsreisiger en fietsryer dr. Kate Leeming het die fietspedale sopas al die pad van die Kuneneriviermond af kuslangs tot op Oranjemund getrap.
Dié avontuur, wat die eerste keer is dat iemand die betrokke roete per fiets aandurf, was deel van haar Breaking the Cycle in Africa-reeks ontdekkingstogte.
Leeming het op 18 Mei weggetrek met die doel om 1 600 km in 40 dae af te lê, maar het haarself oortref en Woensdag reeds haar opwagting op Oranjemund gemaak.
“Ek het van die Skedelkus se skoonheid en geskiedenis uitgevind toe ek die Britse ontdekkingsreisiger Benedict Allen se boek gelees het oor sy reis met kamele van Oranjemund na die Kunenemond in 1995. Ek was baie geïnspireerd en het besluit om dit eendag te doen. Destyds was dit nie moontlik nie, maar met al die ervaring wat ek nou agter die blad het en nuwe fat bike-tegnologie het ek geglo ek kan dit doen,” sê sy.
Leeming word as een van Australië se voorste vroue-ontdekkingsreisigers beskou en het al 'n afstand langer as twee keer om die wêreld by die ewenaar per fiets afgelê.
Haar laaste twee reuse-ekspedisies van 25 000 km deur Australië en 22 000 km deur Afrika, van Senegal tot Somalië, was deel van die Verenigde Nasies (VN) se bewusmakingsveldtog vir onderwys vir volhoubare ontwikkeling.
Leeming is met 'n eredoktorsgraad in onderwys van die Universiteit van Wes-Australië vereer vir uitstaande diens ten bate van onderwys.
Die doel van haar suksesvolle 2010-ekspedisie, Breaking the Cycle in Africa, was om die oorsake en gevolge van uiterste armoede te ondersoek en hoe om gemeenskappe te bemagtig.
“Tydens die reis deur 20 lande het ek 15 verskillende projekte besoek wat deur 10 ekspedisievennote bestuur word.In September sal ek die tweede deel van die projek aanpak.
“Dit behels 'n humanitêre ekspedisie waardeur ek 'n sonenergiestelsel sal laat aanbring om lig en uiteindelik toegang tot beter onderwys en ekonomiese bemagtiging vir Purros in die Noordweste moontlik te maak,” sê sy.
Namdeb het 'n spesiale permit aan Leeming toegestaan wat haar toegelaat het om van Lüderitz af kuslangs deur die Sperrgebiet na Oranjemund te ry, sodat sy haar reis al langs die Namibiese kus kon voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie