Speke sing op Tsumeb

Fiksheid, gesondheid, genot en die mooie Tsumeb is ‘n wenresep vir toerisme.
Augetto Graig
Tsumeb is die ideale plek om op ‘n fiets te klim en vir ‘n paar uur rond te ry.

Hiervan is mnr. Nigel Reynolds heeltemal oortuig. As lid van Bicycles for Humanity (B4H) se Cycling Academy Namibia probeer hy om nie net die liefde vir fietsry in die beeldskone omgewing te versprei nie, maar ook dat trappers ervare en uitstekend raak.

Reynolds is ‘n bekende internasionale atleet wat gehelp het om driekamp se gewildheid uit te brei. Hy is onder meer ‘n voormalige Ironman-driekampwêreldkampioen.

Deesdae is sy fokus op Tsumeb se jongmense en dat fietsry al hoe gewilder op die dorp en in die omgewing word. Hy het in 2009 by die vrywillige organisasie B4H aangesluit en was betrokke by die invoer van duisende fietse geskenk deur vennote van so ver as Kanada.

Bicycles for Humanity werk ook in Namibië nou saam met die Bicycle Empowerment Network (BEN) waardeur 25 bemagtigingsentrums landswyd opgerig is. Een van die sentrums is op Tsumeb by die perseel van die De Wet-skag geleë.

Die Etosha Bicycle Empowerment Centre huisves ook ? laekostefietswinkel, ? fietsdienssentrum en ? klein algemene winkeltjie in ? vraghouer omskep in ? kantoor en werkswinkel. Die perseel en besighede bied nie net inkomstegeleenthede aan jongmense van die dorp nie, maar leer hulle ook om hul eie besighede te bestuur.

Vir die kleinspan is die hooftrekpleister die BMX-renbaan gebou om die ou boom na aan die vraghouer.

“'n Fiets is ‘n eerste stap na 'n beter lewe. Mobiliteit is die sleutel, maar is vaardigheidsontwikkeling is net so noodsaaklik,” sê Reynolds. Saam met sy span bestuur hy talle programme, almal gefokus op die skep van 'n beter wêreld vir die mense van die streek. “Haal die werklose jeug uit die stowwerige strate en bou positiewe, sterk en inspirerende jong mans; dit is waaroor dit gaan,” sê hy.

Volgens die stigter van B4H, mnr. Pat Montani, is Namibië baie belangrik vir die organisasie.

Sedert die eerste verskeping van fietse in 2005 het meer as 14 takke wêreldwyd besluit om Namibië te ondersteun, sê hy. “B4H in Kelowna, Kanada, het die eerste vraghouer na Namibië gestuur en ons beweging ondersteun hierdie land sedertdien. Ons wortels is in Namibië en die land is baie belangrik vir ons beweging. Tans is daar B4H-takke in sewe Afrikalande, maar Namibië is waar ons begin het en dit is een van ons wêreldwyd-ondersteunde lande, saam met Uganda en Suid-Afrika,” sê hy.

Reynolds verskaf ook fietse vir toeriste om te gebruik. Met ? stoor vol wiele en die ondersteunende kapasiteit reeds plaaslik gevestig, is dit nou net ‘n kwessie van die landkaart. Dit is spesiaal ontwerp vir verkenning van die pragdorp per fiets. Die kaart moet dan gedruk en versprei word, en die parkeerpunte moet bepaal word.

Sou die dorpsraad daaraan slaag om die De Wet- skag en omliggende perseel in toeriste-trekpleister te omskep, sal B4H se sentrum reeds perfek geleë wees om die voordele van fietsry met alle besoekers te deel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!