Spel waterplan uit
Ronelle Rademeyer - Nypende waternood en welvaartskepping is onversoenbare begrippe. Sonder water kán daar nie ekononiese groei en vooruitgang wees nie. Water is immers saam met elektrisiteit die primêre insette hiervoor.
Die watersituasie in Sentraal-Namibië het sodanig versleg dat die regering gevra gaan word om dit tot ’n hidrologiese droogte te verklaar. Anders as ’n landboudroogte is die impak hiervan verwoestend vir die totale ekonomie.
’n Verdoemende verslag ná ’n ondersoek in opdrag van die ministerie van landbou, water en bosbou oor die waternood, het verlede jaar reeds gewys indien die regering nie dadelik N$1,5 miljard bestee om die bestaande waterbronne se lewering te verbeter nie, die hoofstad oor 8 tot 10 jaar sonder water gaan wees, selfs al reën dit goed.
Erger nog, gaan hierdie noodmaatreëls net tyd koop en sal die regering dadelik planne moet implementeer om ná 2023-2024 water van óf die Kavangorivier óf van ’n ontsoutingsaanleg by die kus na die hoofstad te pomp.
Die sentrale gebied gaan teen 2050 nagenoeg 84 miljoen kubieke meter water (of 84 miljard liter water) per jaar nodig hê om in die vraag te voorsien. Windhoek se toekomstige behoefte is 85% hiervan – dus 71,4 miljoen kubieke meter water.
Die kapasiteit vir lewering van water aan Sentraal-Namibië is tans net 31,45 miljoen kubieke meter per jaar, terwyl die verbruik in 2013 reeds 32,85 miljoen kubieke meter beloop het.
NamWater het vroeër die week benadruk die akwiferplan koop net tyd. As dit leeg gepomp is, sal dit 15 jaar se gemiddelde reënval verg om op te vul.
Dit is tyd dat die regering sy langtermynplan uitspel. As verbruikers skik op die voorgeskrewe 90 liter water per persoon per dag, verdien hulle antwoorde.
Volksblad, 18 Mei 2016
Lig jou hoed vir SA se boere
Die Nampo Oesdag buite Bothaville vier vandeesweek sy 50ste bestaansjaar.
Dit het van agt uitstallers en net 203 besoekers tot ’n reusebedryf met 650 uitstallers van oor die wêreld heen en bykans 70 000 plaaslike en internasionale besoekers oor vier dae gegroei.
Dit word al gereken as die grootste buitelugskou in die Suidelike Halfrond.Hoewel een van die ergste droogtes in ’n halfeeu die landbou en veral die saaiboere ’n knou toegedien het met baie wat hul boerdery sal moet opgee, ken die boere in Suid-Afrika net een manier hoe om te oorleef – deur jouself aan jou stewelveters op te trek en met kundigheid op te hef.
Hulle kyk na ’n nuwe seisoen en ’n nuwe toekoms en beplan, werk, bou en wil plant met die splinternuwe tegnologie om die land se mense kos te gee. Droogtes, terugslae en onsimpatieke regerings ten spyt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie