Spertyd vir Kataloniu00eb verstryk
Spertyd vir Kataloniu00eb verstryk

Spertyd vir Katalonië verstryk

Die Katalaanse leier se antwoord aan die Spaanse eerste minister oor onafhanklikwording was nie baie duidelik nie.
NAMPA
Spanje se regering het gister begin met 'n aftelling om direkte beheer oor Katalonië oor te neem.

Dit nadat die streek se leier 'n spertyd gemis het om te sê of hy onafhanklikheid verklaar het, al dan nie.

Die welvarende streek dreig sedert 'n referendum op 1 Oktober om van Spanje weg te breek. Volgens die Spaanse grondwet is dit onwettig.

Die Katalaanse leier, Carles Puigdemont, het verlede Dinsdag 'n simboliese onafhanklikheidsverklaring gemaak, maar dit sekondes later teruggetrek en vir dialoog oor die toekoms van die streek met Madrid gevra.

Madrid het Puigdemont tot 08:00 GMT gister gegun om sy posisie te verduidelik en “Ja” of “Nee” vir onafhanklikheid te sê, en tot Donderdag om van plan te verander indien hy op onafhanklik­wording van Spanje sou besluit het.

Die Spaanse minister van justisie, Rafael Catala, het gister gesê die antwoord wat Puigdemont in 'n brief aan die Spaanse eerste minister, Mariano Rajoy, gegee het, is nie geldig nie.

“Die vraag was duidelik, maar nie die antwoord nie,” het Catala aan joernaliste gesê.

Terwyl die regering nog nie 'n besluit geneem het nie en steeds die brief bestudeer, sal stappe gedoen word sodra Donderdag se spertyd verstryk het.



'OPREGTE AANBOD VIR DIALOOG'

In sy brief het Puigdemont nie regstreeks op die vraag oor onafhanklikwording geantwoord nie. Die Katalaanse leier sê wel dat die twee mans so gou as moontlik moet ontmoet en 'n ope dialoog oor die volgende twee maande tot stand bring.

“Ons aanbod vir dialoog is opreg en eerlik. Gedurende die volgende twee maande is ons hoofoogmerk om hierdie dialoog te hê en dat alle internasionale, Spaanse en Katalaanse instansies asook mense wat hul bereidwilligheid aangedui het vir 'n begin van dialoog, dit kan ondersoek,” het Puigdemont in die brief gesê. “Op hierdie manier kan ons die verbintenis van alle partye verifieer om 'n ooreengekome oplossing te vind,” lui die brief. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!