Spes Bona brei dienste aan kliënte uit
Deon Eysele - Die besturende direkteur van die Spes Bona-motorgroep, mnr. Pieter Senekal, het bostaande nuus bekendgemaak toe ons met hom gesels het oor die komende Bank Windhoek-Republikein-Motorskou wat eersdaags in Windhoek begin.
Hy is opgewonde oor die unieke diens wat nie net 'n eerste in Namibië is nie, maar ook nuwe uitdagings aan ander diensverskaffers aan motorhandelaars in die land gaan stel.
Vanaf die 1ste Junie sal 'n kliënt by Spes Bona feitlik alles wat hy nodig het om sy voertuig in stand te hou, onder die spreekwoordelike een dak kan doen. Hy sal byvoorbeeld sy voertuig by Spes Bona kan koop, dit daar laat diens, dit daar laat was en skoonmaak, 'n voertuig by hulle huur teen billike tariewe, duikklopwerk by hulle laat doen en met die produkte van Auto Armor sy voertuig teen inbrekers en natuurelemente kan beskerm. Met 'n kontrak van Dent Doctor wat op 1 Junie met sy werksaamhede begin, sê Senekal sal hulle meeste duikklopwerk aan voertuie kan doen. Strukturele werk aan onderstelle is nie daarby ingesluit nie.
Die feit dat die motorgroep ook oor sy eie handelaarskappe vir gebruikte voertuie beskik en verskeie nuwe handelsmerke aan kliënte kan bied, is dit vir hulle ook makliker om inruiltransaksies vir kliënte te doen.
Handelsmerke van Spes Bona
Senekal sê hy weet nie waarom plaaslike kopers 'n weerstand het teenoor die koop van sommige voertuie wat in Europa vervaardig is nie, terwyl dit in dáárdie deel van die wêreld van die gewildste voertuie op die pad is. Hy het spesifiek verwys na handelsmerke soos Peugeot, Citroën, Fiat en Alfa Romeo wat in Europa baie hoog aangeslaan word, maar plaaslik skynbaar nie vertrou word nie.
“Die vervaardigers van die vier handelsmerke kom al 'n baie lang pad met hul voertuie waarvan sommige al langer as 100 jaar in die vervaardigingsbedryf betrokke is. Die voertuie is van die beste verkopers in Europa. Mense vra voortdurend vrae oor die beskikbaarheid van onderdele en of ons in staat is om 'n diens te kan lewer,” het hy gesê.
Diensonderdele vir die handelsmerke is plaaslik in voorraad, maar ander onderdele wat benodig word kan binne drie tot vier dae beskikbaar wees. Spesifieke onderdele soos byvoorbeeld rekenaarbestuurstelsels wat benodig word, moet deur die fabrieke gebou word en dié bestellings kan langer neem (12 dae) om in die hande te kry. Dit, sê Senekal, is ook maar die geval by enige ander handelsmerk en in vergelyking met handelsverslae in die motorbedryf van suidelike Afrika, is die beskikbaarheid en lewering van onderdele van die handelsmerke wat deur Spes Bona verteenwoordig word, baie goed.
“Daar is nie 'n handelaar in die land wat genoeg geld het om elke liewe onderdeel van elke model voertuig wat hy aanhou, in voorraad te hê nie. Almal in die bedryf moet maar soos ons onderdele bestel,” het Senekal gesê.
Hy het besoekers aan die Bank Windhoek-Republikein-Motorskou genooi om by Spes Bona se uitstalruimte 'n draai te kom maak en hulle te vergewis van die gehalte van die voertuie wat hulle aanbied. Dit is in alle opsigte net so goed en in baie gevalle beter as die meer gewilde modelle in die mark. Waarborge van vyf jaar met volle diensplanne is ook vir meeste van die modelle beskikbaar terwyl toerustingvlakke en afwerking van die beste is.
“Ek is beskikbaar vir enigiemand wat hulp met enige van ons produkte benodig, diens verlang of inligting soek. Met die hedendaagse tegnologie en kommunikasiemiddele is ek dag en nag beskikbaar. As ek nie telefonies bereik kan word nie, stuur 'n teksboodskap of e-pos, ek sal so gou moontlik reageer,” het Senekal die versekering gegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie