Spes Bona klop steeds

Spes Bona Auto Body Repairs bied deurlopend blitsvinnige diens van hoë gehalte.
Yochanaan Coetzee
Verdana">

Yochanaan Coetzee - In die plaaslike motorbedryf is die Spes Bona-naam beroemd vir die gehalte wat hy van sy motors tot sy dienste handhaaf.

Van antieke meesterstukke tot ’n wye verskeidenheid nuwe voertuie en selfs uitgesoekte luukse droomkarre, wanneer jy 'n besonderse belegging wil maak, duik Spes Bona se naam op.

Met dié geskiedenis van gehalte op alle vlakke, was dit swaar om paneelklopperdienste te vind wat aan sy vereistes vir gehalte en vinnige diensverskaffing voldoen.

Om dit te verbeter, het Spes Bona saam met mnr. Helmuth Bause Namibië se eerste handelaarspaneelklopper twee jaar gelede gestig. Volgens ’n baie tevrede kliënt wat Republikein by Spes Bona Auto Body Repairs se perseel in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied ontmoet het, is dit puik.

“Ek is baie tevrede. Dié is ons vervoer vir ons werknemers en danksy die span hier by Spes Bona Auto Body Repairs is die herstelwerk blitsvinnig en op ’n baie professionele standaard gedoen,” het me. Lezil van Zyl van die 19th Hole Restaurant op die Omeya-landgoed gesê.

“Wat ons besonders maak, is ons benadering en die passie wat almal in ons span insit om die hoogste standaarde in hul werk te handhaaf,” sê Bause, wat met 20 jaar se ervaring in die motorbedryf spog.

“Terwyl ander maatskappye groter herstelwerke soos raamwerkverstelling doen, maak dit die afspraaktydperk baie langer vir mense wat kleiner werkies wil afhandel. Om ons kliënte se voertuie in die kortste tyd aan hulle terug te besorg, spesialiseer ons in paneelklopherstelwerk en, te danke aan die ondersteuning van die kenners by Hemco Paints, uiters gevorderde spuitwerk,” het hy gesê.

Die beste van alles is dat klante onder sekere voorwaardes gratis gebruik van ’n gastemotor het, terwyl die ervare span tegnici die klant se voertuig met ’n fyn oog bekyk en met toegewyde hande herstel.

“Ons weet hoe stresvol die tyd sonder hul voertuig kan wees vir ons klante. So dit maak nie saak of dit ’n private kliënt, een van ons verskeie handelaarsvoertuie of selfs ’n ingevoerde voertuig is nie - ons kliënte se tevredenheid is ons prioriteit. Ons dring met alles daarop aan - van ons handewerk tot die produkte waarvan ons gebruik maak,” voeg Bause by.

Danksy die vennootskap met Hemco Paints, wat deurlopende opleiding in en verskaffing van die nuutste, mees gevorderde waterbasis- Glasurit-verwe bied, is Spes Bona Auto Body Repairs goed op pad na sy strewe om Namibië se grootste, goedgekeurde paneelklopper te word.

Kontak Spes Bona by 061 252 954 of 081 159 8948 vir gemoedsrus en puik diens.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!