Spes Bona spog met nuwe baadjie
"Die nuutste tegnologie wat daarop die oomblik beskikbaar is, vorm deel van ons nuwe gebou. Saam met 'n span gemotiveerde personeel en meer as 40 uitgesoekte voertuie wat ons by Platinum Select aan kliente bied, is daar eintlik niemand wat ons kan klop nie,' het die besturende direkteur van Spes Bona Motors, mnr Pieter Senekal, aan Motortydskrifgese, Die ondememing het destyds ook die voortou geneem met die rekenarisering van hul totale administrasie en die vestiging van 'n internet webblad waarop alle voertuie in voorraad besigtig kan word.
Die totale herbouing van die handelaarskap ten einde dit te moderniseer en te verbeter, val saam met die maatskappy se filosofie om voortdurend aan te pas om op die voorpunt te bly. "Die belangrikste mikpunt met ons nuwe gebou was om dit op te hef tot 'n eksklusiewe handelaarskap vir handuitgesoekte voertuie wat so te se nuut is. Ons tak in Hosea Kutako-rylaan sal voortaan die ander meer bekostigbare voorraad van ons voertuie hanteer,' het mnr. Senekal verduidelik.
Die standaard wat by Spes Bona Platinum Select gehandhaaf word, is volgens hom op presies dieselfde standaard en met dieselfde fabriekswaarborge en diensplanne soos wat van die francise-handelaars van die verskillende fabrikate vereis word.
"Of jy nou 'n Volvo, Mercedes-Benz, Audi, Volkswagen of BMW by ons koop, alle voorwaardes wat die verskillende fabrikate stel vir hul uitgesoekte ge bruikte voertuie, sal net so ook toegepas word op voertuie wat ons op ons vloer gaan aanbied. Trouens, die streng keuringsproses op elke individuele voertuig is presies dieselfde en ons sal derhalwe ook van die verskillende francisehandelaars gebruik maak om voertuie op die standaard te bring," het hy gese.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie