Spesiale geleentheid vir vroue
’n Geldinsameling word op 31 Oktober saam met die tydskrif LiG se aanlyn lesersdag gehou, ten bate van Droogtehulp Namibië.
“Ons is baie opgewonde om ons eerste insamelingsprojek in ’n báie lang tyd aan te bied,” sê me. Marcha Reed van MR Entertainment.
“En dit ten bate van Droogtehulp Namibië!” voeg sy by. Behalwe vir die geldinsameling, het Namibiërs ook die geleentheid om deel van LiG se aanlyn lesersdag te wees.
Reed sê hulle nooi 30 gasvroue uit om elkeen hulle beste vriendinne by hul huise te onthaal en sodoende die spesiale oggend van 31 Oktober oraloor Namibië saam te vier. Die geleentheid vind tussen 09:00 en 13:00 plaas.
“Aangesien omstandighede ons nie toelaat om ’n geldinsameling soos in die verlede te hou nie en Droogtehulp Namibië dringend ’n reddingsboei nodig het, het ons gedink hierdie sal die perfekte geleentheid wees,” sê sy.
Al wat die gasvroue op dié dag nodig het, is ’n rekenaar en internetverbinding.
“Omdat ons nie seker is hoe die maatreëls teen daardie tyd gaan lyk nie, hou ons by groepe van 10, net om veilig te wees,” sê Reed.
Die gasvrou kan self besluit hoe sy die oggend spesiaal wil maak. Hulle is welkom om ’n tema aan die oggend te koppel, maar dit is nie verpligtend nie.
“Dit sal baie spesiaal wees as ons ’n foto of twee van elke ‘kuiergroepie’ kan kry, net om te wys hoe lekker Namibië saamkuier. Iemand het reeds laat weet hulle gaan sommer vir ons ’n kort video ook maak,” sê sy opgewonde.
Die aanlyn gaste vir die dag is die akteur en skrywer Susan Coetzer, die Binnelanders-akteur Hykie Berg en die gewilde skrywer Helena Hugo.
Kaartjies kos N$400 per persoon en sluit ses maande se digitale subskripsie vir LiG in, asook ’n geskenkpak ter waarde van N$1 000. “En daar is heerlike bederfies in daardie pak!” sê Reed.
Belangstellendes kan 081 288 2886 skakel of ’n e-pos na [email protected] stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie