Spesiale taakmag patrolleer winkelsentrums in Windhoek

Henriette Lamprecht
Lede van die polisie se spesiale taakmag het vandag onder meer die Grové- en Maeura-inkoopsentrums in Windhoek patrolleer, nadat daar vroeër op sosiale media gerugte rondgegaan het oor moontlike plundery vandag soortgelyk aan dié in Suid-Afrika en wat na Namibië kan oorspoel. Die streeksbevelvoerder van die polisie vir die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, het vroeër aan Republikein se susterskoerant Namibian Sun gesê dié gerugte word geensins ligtelik deur die polisie opgeneem nie. Ook sekuriteitsmaatskappye het 'n verhoogde teenwoordighede by verskeie besighede in die hoofstad gehad.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer