Spesiale tema vir dié groep Dash-ryers
Bergfietsry
Andrew Poolman - Tussen die verwagte bykans 'n duisend fietsryers wat op Vrydag 6 Desember vir die Nedbank Desert Dash aantree, sal die groeiende groepie ryers in die kleure van Legacy of Love gewis sigbaar wees.
Die 24 ryers (agt van hulle as solo-ryers en die ander in spanne van vier) in ligblou, pienk en wit met die hart op die bors ry met die gesamentlike doelwit in die woestynwedren oor 373 kilometer van Windhoek na Swakopmund.
As een van Legacy of Love se projekte ry die groep fietsryers die Desert Dash as 'n ervaring van meelewing met verskeie ouers wat kinders aan die dood moes afstaan.
Legacy of Love het twee jaar gelede ontstaan as 'n platform waarop Sybrand en Ronel de Beer hul lewensreis en perspektief ná die skielike en onverwagse dood van hul elfjarige oudste dogter, Lumé, deel.
“Om hierdie ongewenste pad te moet stap, is 'n reis vol onbekende gevoelens wat jou sal verras, bang maak en in die verleentheid stel op tye en maniere wat jy nie verwag nie,” skryf Ronel op hul webblad.
“Die moeilikste ding is dat jy gedwing word om 'n uiters pynlike en stresvolle paradoks in die oë te kyk. Jy is in 'n situasie waar jy die hartseer en gebrokenheid moet hanteer wat deur jou kind se dood veroorsaak is, maar met die inherente behoefte om voort te gaan en jou lewe so voluit as moontlik te leef. Jy wil vry wees van die oorweldigende pyn, maar nogtans het jy dit nodig as 'n herinnering aan jou kind.”
Aan ouers wat kinders verloor het of mense in verwante situasies word Legacy of Love se boodskap van “Geloof, Hoop en Liefde” oorgedra.
Vanjaar se Desert Dash sal die tweede wees waarin fietsryers in die kleure van Legacy of Love ingeskryf is, hoewel ryers in 2017 ook ter nagedagtenis aan Lumé gery het.
“Sommige ryers het reeds baie myle oor jare agter die blad, terwyl andere soos ek en Ronel eers vanjaar met 'n mate van erns begin fietsry het,” sê Sybrand.
Die De Beers se paaie het sedertdien reeds met verskeie ander ouerpare gekruis wat ook kinders voortydig verloor het. 'n Samekoms is onlangs gehou waar sommige van dié ouerpare geskenke ontvang het van die fietsryers en ondersteuningspanne wat hulle gedurende die Desert Dash in hul gedagtes sal hou.
Een van die De Beers se toekomsdrome is om 'n ten volle toegeruste wegbreekoord tot stand te bring waar families of spanne deur spesifieke programme met hul herstel en herbou ná die verlies van geliefdes bygestaan kan word.
Die volgende ryers pak die Dash in die kleure van Legacy of Love:
Soloryers – Corné Brand, JC Coetzer, Johan de Beer, Sybrand de Beer, Du Preez Grobler, Rheeder van Wyk, Erna Opperman, Ben Dauth.
Vrouespan van vier – Gaby Hansen, Petra Muller, Ronel de Beer, Elna de Jager.
Gemengde span van vier I – Gerhard Tromp, Christelle Tromp, Phillipus Tromp, Nico Tromp.
Gemengde span van vier II – Lesley Esterhuizen, Karel Esterhuizen, Grand Muller, André Delport.
Gemengde span van vier III – Lauren Davidson, Hardus Burger, Marijke Egerer, Marietjie de Chavonnes Vrugt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie