Speurder dood wat na Madeleine McCann soek
Een van die eerste private speurders wat betrokke was by die soektog na die Britse meisie Madeleine McCann (foto), is dood. Kevin Halligen (56) het verlede week siek geword en is dood in sy huis gevind, berig The Telegraph. Madeleine was drie jaar oud toe sy in Mei 2007 uit haar gesin se vakansiewoonstel in Algarve, Portugal, verdwyn het terwyl haar ouers uit was vir aandete. Sy is steeds weg. Haar ouers, Kate en Gerry McCann, het Halligen in 2008 gehuur om na haar te soek, maar het hom afgedank toe dit aan die lig gekom het hy het meeste van die £500 000 wat hy betaal is, verkwis. Hy is later weens ’n onverwante bedrogsaak tronk toe gestuur, luidens Netwerk24. The Independent berig dat Halligen in alkoholisme verval het en bloed wat by sy huis gevind is, is omdat hy geval het. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie