Spiderman vlieg na Mexiko
Spiderman vlieg na Mexiko

Spiderman vlieg na Mexiko

Swem vir gestremdes
NAMPA
Die 23-jarige Walvisbaaier Matheus Angula gaan Desembermaand saam met meer as 900 atlete aan die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) se wêreldswemkampioenskap in Mexikostad deelneem.

Angula, wat ook op die bynaam Spiderman bekend is, sal dié kompetisie gebruik in 'n poging om vir die 2020 Tokio Paralimpiese Spele te kwalifiseer.

Die swemgogga het Angula eers in Maart verlede jaar gebyt, maar sedertdien laat hy die water met elke beskikbare geleentheid spat om superfiks te word.

Angula, wat sonder bene gebore is, is tans die nommer een swemmer in Afrika in die S6-afdeling waar hy koning in die vryslagdissipline kraai. Vir borsslag word hy in die S5-afdeling geplaas.

Sonia Lindemeier, sy afrigter, sê hy is uitstekend op dreef en gereed om die swembad met sy eerste internasionale kompetisie te oorwin. Volgens haar is reëlings reeds getref vir hul besoek aan Mexikostad waar die spele vanaf 2 tot 7 Desember aangebied word.

“Matheus is gretig en kan nie wag om in die water te kom nie. Hy het goeie tye in die oefeninge behaal en hopelik draai hy onder 50 sekondes voordat ons vertrek. Ongelukkig was daar tevore haakplekkies, soos die boete wat ons aan die lugredery moet betaal omrede die vorige kompetisie in September gekanselleer was.

Gelukkig het ons dié keer hulp van 'n hele paar mense ontvang wat tot ons reis bygedra het. Ek is net verlig dat die kampioenskap se datums nou vasgestel is,” sê Lindemeier.

“Matheus se tye het sedert Augustus geweldig verbeter, want hy swem tans die 50 meter vryslag in net oor die 50 sekondes.

“Sy tyd by die Suid-Afrikaanse nasionale kampioen­skap was 59.79 sekondes, maar dis nou aansienlik minder. By dieselfde kompetisie was sy tye onderskeidelik 55.13 sekondes en 2 minute 6 sekondes vir die 50 borsslag en 100 vryslag.”

Atlete van 65 lande sal vanjaar aan die elite kompetisie deelneem waar gewigoptel ook aangebied word.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A