Spioenasiesaak, Fishrot slaan slag vir mediavryheid
Spioenasiesaak, Fishrot slaan slag vir mediavryheid

Spioenasiesaak, Fishrot slaan slag vir mediavryheid

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibiese media is weer die vryste in Afrika.

Volgens die Mediavryheidsindeks van 2020 behou Namibië sy topposisie op die vasteland, en beklee die land se media vanjaar weer die 23ste plek in die wêreld. Die indeks word jaarliks deur Verslaggewers Sonder Grense (RSF) saamgestel.

RSF beskyf die situasie in Namibië as “ware vryheid”, maar met “gereelde bedreigings”.

“Dit (die media) word beskerm deur die grondwet en word dikwels deur die howe verdedig wanneer dit aangeval word deur ander partye binne die staat, of deur gevestigde belange,” lui RSF se verslag.

Een van die twee hoogtepunte vir mediavryheid in die jaar onder oorsig was volgens RSF die slag wat in die hoërhof vir vryheid van spraak geslaan is toe die Namibië Sentrale Intelligensiediens (NCIS) en die regering se muilband-interdik teen die weekblad The Patriot ook op appèl misluk het.

Dié partye wou keer dat berigte oor onregmatige eiendomstranksasies van nagenoeg N$65 miljoen gepubliseer word nie. Regter Harald Geier se uitspraak in dié belangrike mediavryheidsaak in 2018 in die hoërhof, is wyd verwelkom. Hy het bevind vryheid van spraak “is die hartklop van ons demokrasie”.

Nóg ’n groot media-gebeurtenis verlede jaar was die onthulling van grootskaalse korrupsie en bedrog in die visbedryf. Die #Fishrot-skandaal het gewys die keiser is kaal, en die vervolgingsgesag kon danksy ondersoekende joernalistiek stappe doen om die vermeende vergrypers aan te kla.

Noorweë beklee die eerste plek op die indeks, met Noord-Korea wat die heel swakste van die 180 geëvalueerde lande gevaar het.

Namibië het in 2018 die topposisie in Afrika aan Ghana afgestaan en kon dit in 2019 terug wen. Ghana (30ste plek) vaar vanjaar die tweede beste in Afrika, gevolg deur Suid-Afrika (31ste plek). Namibië is egter swakker daaraan toe as in 2015 en 2016 toe dit die 17de plek uit 180 lande beklee het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!