Spioendrama: Britte skop 23 diplomate uit
In die sterkste optrede teen Rusland in 30 jaar is meer as 20 Russiese ambassade personeellede aangesê om Brittanje binne 'n week te verlaat.
Theresa May, die Britse premier, het Woensdagmiddag aangekondig dat 23 Russiese diplomate uit die land geskop word.
May het tot dié stap oorgegaan omdat sy Rusland verantwoordelik hou vir die senugas-aanval op die ouddubbelagent Sergei Skripal en sy dogter, Yulia, twee weke gelede.
"Al die diplomate is onverklaarde intelligensie-offisiere. Hulle het een week om die land te verlaat.
"Dit is die grootste enkele uitskop van gesante in 30 jaar en beklemtoon die feit dat dit nie die eerste keer is dat Rusland teen Brittanje opgetree het nie."
Die Russiese ambassade in Londen het in reaksie gesê die optrede is "onaanvaarbaar, ongeregverdig en kortsigtig".
Rusland reageer nie goed op ultimatums nie.
Dit was die Russiese ambassadeur by die Verenigde Nasies se reaksie op die Britse premier se besluit om 23 diplomate uit die land te skop omdat die Russe nie “verduidelik het hoe ’n Russiese senumiddel in Brittanje gebruik is om ’n oudspioen mee te vergiftig nie”.
Vasili Nebenzja het ontken dat Moskou enigiets te doen het met die aanval en dring aan op “tasbare bewyse”, berig die BBC.
May, het ook ’n uitnodiging aan die Russiese minister van buitelandse sake teruggetrek en gesê die koninklike familie sal nie die Wêreldbekersokkertoernooi later vanjaar in Rusland bywoon nie.
“Ons is die ultimatum gegee en versoek om binne 24 uur te erken dat ons ’n misdaad gepleeg het. Met ander woorde, ons moet skuld beken.
“Ons praat nie die taal van ultimatums nie. Ons gebruik nie dié taal met enigiemand nie. En ons sal nie toelaat dat iemand met ons daarin praat nie,” het Nebenzja gesê.
Die Amerikaanse ambassadeur, Nikki Haley, het gesê Washington skaar hom by Brittanje en dat die VSA “altyd ’n bondgenoot vir Brittanje sal wees”, berig Sky News. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie