Spoedige vervolging
Spoedige vervolging

Spoedige vervolging

Dani Booysen
Donderdag is die verdagte in 15 April se dubbele grumoord op die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se Arandis-kampus uiteindelik ná sowat drie weke in aanhouding formeel aangekla.

Die dood van mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig het die land geruk.

Voor die landdros en buite die hof het mnr. Ernst Lichtenstrasser (57) sy onskuld bepleit. Volgens hom het die polisie die verkeerde man agter tralies.

Nou is die saak in die hof se hande, en die hof sal op grond van feite sy oordeel vel.

Van belang is dat die saak nie, soos talle ander, vir jare sloer voor daar uitsluitsel is nie. Spoedige en sigbare geregtigheid is in alle sake belangrik, nie net hoëprofiel misdrywe nie.

Die polisie sê sy speurders het 'n goeie saak, maar enige beskuldigde is onskuldig tot die teendeel bewys is. Dié beskerming behoort aan ieder en elk.

'n Toelaatbare punt van kritiek is hoekom die polisie al vroeg erken het Lichtenstrasser is 'n “persoon van belang” en selfs aangekondig het hy sal op 22 April, en toe 23 April, voor die hof gedaag word. Hierop is skouspelagtig teruggekap met nuus dat daar steeds absoluut geen verdagtes was nie. Dit was 'n onteenseglik blaps in kommunikasie.

Al ontken die polisie ook dat Operasie Hornkranz se naam laat vaar is weens kritiek deur die Nama-gemeenskap en andere, kan almal een en een bymekaartel. Operasies behoort name met betekenis te hê, waaraan “Kalahariwoestyn” ewe min voldoen.



So sê ander

12 Mei 2019



Moenie die kiesers vir skokke blameer



Die ANC se sege in Woensdag se algemene verkiesing ná 'n dekade van skandale was nie 'n mosie van vertroue in die party nie.

Die party is in elke uithoek van die land gevoelige houe toegedien, veral deur die EFF, wat met 19 nuwe LP's 'n selfs magtiger en raseriger rooi blok in die parlement sal vorm en in drie provinsies die amptelike opposisie is. Dit kan die nierassige ideaal onder nog meer druk plaas.

Die uitslae was wel 'n versigtige mosie van vertroue in pres. Cyril Ramaphosa. Ramaphosa en sy party het 'n sonderlinge geleentheid om voos kiesers tussen nou en 2024 met skoon regering, dapper beleid en sterk optrede teen korrupsie te beloon, en sy belofte na te kom om die kabinet te snoei.

Ons glo elemente in die ANC sal aanhou probeer om Ramaphosa te ondermyn.

Terwyl die uitslae dus vir Ramaphosa 'n geleentheid is, vir die EFF 'n hupstoot en vir die ANC 'n gevoelige slag, is dit 'n waarskuwing aan die DA. Dat die mees veelrassige party met die beste prestasie in regering meer as 470 000 kiesers op een slag verloor, terwyl die radikale EFF na links en VF Plus na regs groot vordering toon, is iets wat ontleders, die media en veral die DA moeite moet doen om te verstaan, eerder as om die kiesers vir hierdie skuiwe te blameer. Kiesers van alle rasse wil sien dat partye hul aspirasies en hul vrese ernstig opneem.

Wie dit regkry, sal groei.

• RAPPORT (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!