Spoedvrate stel Lüderitz se wind op die proef
Meer as 30 deelnemers van oral in die wêreld wil hul slag wys
Ian Nortje
Drie en dertig spoedvrate van oral in die wêreld, van wie die meeste reeds nasionale en wêreldrekords in hul sakke het, drom op Lüderitz saam om aan die jaarlikse seilplankry- en vlieërski-spoeduitdaging deel te neem.
Die jaarlikse byeenkoms, wat in 2007 ontstaan het, het vanjaar op 6 Oktober afgeskop en verskeie deelnemers het reeds nasionale rekords laat spat.
Twintig deelnemers van 17 verskillende lande, onder meer Duitsland, Frankryk, Italië en Fidji, om maar ’n paar te noem, neem aan die Lüderitz Spoeduitdaging deel en ding teen mekaar mee in ’n poging om nuwe rekords op te stel.
Twee van dié deelnemers het reeds op 8 Oktober elk ’n nasionale rekord verbeter. Andrew Redfern van Fidji het 36.15 knope behaal, terwyl Martin Toth van die Tsjeggiese Republiek spog met ’n rekordspoed van 39.96 knope. Die windspoed daardie dag was tussen 20 tot 25 knope en het soms tot 35 knope opgetel. Dus is dié prestasies besonders omdat die windspoed nie té vinnig was nie.
Twee legendes in dié sportsoort, Sébastien Cattelan en Eric Beale, wat albei wêreldrekords het, neem vanjaar saam met die Maverick’s Big Wave-wenner Chris Bertish van Suid-Afrika deel.
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die byeenkoms sal ’n gestremde deelnemer, Chris Ballois, ook aan die uitdaging deelneem.
Sedert die ontstaan van die byeenkoms, is 11 wêreld- en 66 nasionale rekords deur internasionale deelnemers opgestel. Dié unieke byeenkoms is ook gewild omdat die 50 knoop-merk daar oortref is.
Die navorsing en ontwikkeling wat elke jaar op die kanaal gedoen word waarop die byeenkoms plaasvind, bring mee dat dit aanhoudend verbeter kan word. Om die beurt bring dit mee dat deelnemers elke jaar hoër snelhede, selfs in swakker windsterktes, kan bereik.
Organiseerders sê Lüderitz en Namibië het ’n plek geword wat die sportsoort heeltemal verander het. Volgens hulle het dit deelnemers aan dié sportsoort oral in die wêreld geïnspireer en die belangstelling in die sport verhoog.
Die byeenkoms duur tot 2 November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie