Spogtoekennings én Sport-ekspo aangeskuif

In hierdie mislukte oesjaar was die Sportkommissie se aankondiging grootliks voorspelbaar.
NAMPA
Die jaarlikse Namibiese Sporttoekennings, wat vir 31 September 2020 bestem was, asook die Namibiese Sport-ekspo vir 27 Februarie 2021 is beide tot aan die einde van Oktober 2021 uitgestel.

Dié aankondiging is Vrydag deur die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, in 'n nuusverklaring gedoen.

Mwiya sê vanweë die onafwendbare omstandighede buite die beheer of die organiserende komitees van die twee geleent­hede, is die aanbeveling aan die Sportkommissie (NSC) se bestuur voorgelê om die twee geleenthede tot later uit te stel, waaraan toestemming toe verleen is.

Mwiya sê die Sportkommissie is deeglik daarvan bewus dat die Covid-19-pandemie reeds grootskaalse ontwrigting in elke sektor van die ekonomie meegebring het, met sport wat ook nie gespaar gebly het nie.

Ondenkbare ontwrigtings het die sportbedryf getref en atlete, asook sportbeamptes, is onder geweldige druk en spanning. Hul geestelike gesondheid behoort hoë aandag te geniet met die onsekere vooruitsigte om weer realistiese sportgeleenthede te kan aanbied.

“Met dit in gedagte – en ná sorg­vuldige oorlegpleging en inagneming van die implikasies van die huidige nasionale noodtoestand, protokol van inperking en riglyne wat groot openbare byeenkomste verbied – kondig ons die uitstel van hierdie twee geleenthede aan.

“Die reëlingskomitees van beide geleenthede het die saak met al die belangrike rolspelers bespreek en tot die slotsom gekom dat dit nie lewensvatbaar is vir die geleenthede om soos beplan voort te gaan nie,” het Mwiya gesê.

In dieselfde mate glo die Sportkommissie dat in die afwesigheid van sportgeleenthede binne en buite die landsgrense, wat vanjaar grootliks gekanselleer is, kon die benoemings van finaliste nie regverdig of van geloofwaardige gehalte wees nie.

By die Sport-ekspo sou eweneens nie 'n gesonde opkoms van besoekers of uitstallers verwag kon word te midde van die beperking op die aantal mense wat byeenkomste mag bywoon nie, wat tans op tien staan.

“Die Sportkommissie se bedoeling is om beide die Sporttoekennings en die Sport-ekspo in statuur te laat groei en om aan borge en vennote waarde vir hul beleggings te bied.

“Net in die eerste kwart van 2020 was daar 'n geringe hoeveelheid internasionale deelname deur ons atlete, voordat die Covid-19-pandemie met rasse skrede na verskeie lande versprei en tot die sluiting van landsgrense en die grootskaalse kansellering van die sportprogramme plaaslike en wêreldwyd gelei het.

“Dit is dus in die belang van al ons rolspelers en vennote dat die twee geskeduleerde geleent­hede tot volgende jaar uitgestel word,” het hy gesê.

Die 2020 Olimpiese Spele in Tokio (uitgestel met 12 maande tot Julie 2021) is een van vele spoggeleenthede wat vanjaar reeds in die slag gebly het.

 – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!