Spogtoernooi by Gim bied meer as net Bokkies
Die Namibiese span sal ondanks min tyd vir voorbereiding sy bes doen om die tuisland se trots te verdedig.
Andrew Poolman - Dit is waarskynlik onregverdig en onrealisties om van enigiemand te verwag om die Suid-Afrikaanse o.19-span se houvas op die Capricorn Windhoek Gimnasium internasionale sewestoernooi los te wring.
Die Groen en Goud se oorheersing sal die uitdagers egter nie keer om vandag en môre hul beste te gee nie en die onderlinge kompetisie tussen Namibië, Duitsland, Zimbabwe, Botswana en die Namibiese Ontwikkelingspan sal gewis vir opwinding van sy eie sorg.
Die gesogte jaarlikse toernooi het in 2017 ontstaan as 'n viering van die inwyding van Windhoek Gimnasium se rugbyveld met die kunsmatige oppervlak.
Die Jong Bokkies, in wese die SA Skole-sewesspan, is opnuut die gunsteling om hul vierde opeenvolgende toernooisege hier te behaal. Die mees suksesvolle Blitsbokke-kaptein, Philip Snyman, wat laas Oktober op 32 sy uittrede ná elf seisoene aangekondig het, is die nuwe afrigter van 'n span wat van jongs af in Suid-Afrika se suksesvolle sewesstelsel gebrei word en van wie elke jaar hoë verwagtinge gekoester word.
Hierteenoor bepaal Namibië se skolestelsel dat in die eerste termyn meer aandag aan atletiek as byvoorbeeld aan rugby gegee word. Die Namibiese span het dus eers dié week bymekaar gekom vir hul eerste oefensessie onder afrigterskap van mnr. Patrick Ludick.
'n Laat terugslag was dat Kenia, wat bestem was om sy debuut hier te maak, sy span Dinsdag weens 'n geldtekort vir die vliegkoste onttrek het. Dié leemte is intussen gevul deur 'n Namibiese Ontwikkelingspan, wat met drie ekstra spelers van Zimbabwe aangevul word.
Die Namibië-sewesspan: Rian Grové (WHS), Henri Rossouw (Walvisbaai PHS), Jonathan Hanekom (Windhoek Affies), Brian Beyer (Dr. Lemmer), Tyrese de Wee (WHS), Nico Tromp (Windhoek Affies), Owen Hawanga (Windhoek Gim), Hanjo de Klerk (WHS), Rowan Jansen (kaptein, WHS), William Klazen (Windhoek Gim), Wayne Nell (Windhoek Gim), Jason Beukes (WHS).
Namibië ontwikkelingspan: Andries Burger (Moria Privaatskool), Ruben Maree (Windhoek Affies), Charlton Somseb (Moria Privaatskool), Denvor Beukes (Windhoek Gim), Niel Holtzhausen (kaptein, Moria Privaatskool), Rivaldo Diergaardt (Windhoek Gim), Louw Rossouw (Walvisbaai PHS), Naude Cronjé (Moria Privaatskool), Ethan Willemse (HTS) en nog drie spelers van Zimbabwe.
Laasgenoemde span word deur mnr. Brian Titus afgerig. Mnr. Algenic de Klerk is spanbestuurder vir beide Namibië en die Ontwikkelingspan.
Vir die Namibiese spanne het borgskappe van Jeimans Transport, Nell Hoek & Co Trust, Supersand Mariental, Ry-en-Kry Slaghuis, Ondengu Construction (Walvisbaai), Roy's Rest Camp en Rainbow Aviator Fueling Service gehelp om klippe uit die pad te rol.
• Twee afsonderlike afdelings vir skole word gespeel, naamlik die o.19-spanne van WHS, Dr. Lemmer, Pro-Ed Akademie, Gobabis Gimnasium en Windhoek Gimnasium. Die o.15-kompetisie se vier spanne is dieselfde skole, behalwe Pro-Ed.
• Vandag se program begin om 13:20 en sluit af met die wedstryd tussen Namibië en Suid-Afrika (20:42).
Môreoggend agtuur hervat die wedstryde wat lei tot die semifinale (12:00), die o.19 skolefinaal (14:44) en die internasionale eindstryd (15:06).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie