Spogtoernooie plaas fokus op outisme
Gholf
Die Nedbank for Autism gholfreeks is vandeesweek amptelik bekend gestel. Die reeks van tien toernooie word vanaf middel Februarie tot aan die einde van November by gholfklubs oral in die land gehou, met die eindtoernooi in Windhoek.
Die reeks is ingestel op bewusmaking en geldinsameling ten bate van die Outismevereniging van Namibië.
Mnr. Lionel Matthews, die besturende direkteur van Nedbank Namibië, sê: “Ons het besef daar is sonder twyfel 'n behoefte aan ondersteuning vir kwessies verwant aan outisme in Namibië. Daar bestaan steeds 'n groot gebrek aan bewustheid en begrip van outisme, die beskikbare terapie, behandeling en ondersteuningsgroepe, maar ewe belangrik die geldelike eise wat dit verg om Namibiërs in nood te help.
“Ons is trots om die eerste Nedbank for Autism-reeks op tien verskillende bane oral in die land aan te bied.”
Volgens die organiseerders sal alle gholfspelers wat oor 'n amptelike voorgee beskik, toegelaat word om in enige van die tien toernooie deel te neem.
Die formaat is individuele stableford en die wenner van elke toernooi sal vorder na die eindtoernooi wat in die hoofstad gespeel sal word. Elkeen van die tien wenners sal gegroepeer word met drie spanmaats op uitnodiging van die borge. Aanloklike pryse sal vir spanne in die eindtoernooi op die spel wees, wat later bekend gemaak sal word.
Me. Petra Dillmann is die voorsitter van die Outismevereniging van Namibië, 'n organisasie wat daarna streef om ondersteuning te bied aan ouers en kinders op die spektrum van outisme, asook volwassenes met outisme, vriende en professionele mense wat belang stel in die welstand van mense met versteurings op die spektrum van outisme in Namibië.
“Die vereniging verskaf ook 'n netwerk met soortgelyke organisasies vanoor die wêreld.
Dillman sê: “Ons is absoluut daartoe verbind om ondersteuning, bystand en opleiding op die gebied van outisme aan ouers en professionele instansies te bied.
“In die huidige ekonomiese klimaat en met die diverse behoeftes van lede uit verskillende dele van die gemeenskap, word dit 'n toenemend moeilike taak.”
Die skedule van toernooie sluit in:
Omeya-gholfklub: Saterdag, 22 Februarie.
Oshakati-gholfklub: Saterdag, 28 Maart.
Walvisbaai-gholfklub: Saterdag, 18 April.
Windhoek Buiteklub: Saterdag, 30 Mei.
Mariental-gholfklub: Saterdag, 27 Junie.
Gobabis-gholfklub: Saterdag, 18 Julie.
Rössmund (Swakopmund): Saterdag, 22 Augustus.
Otjiwarongo-gholfklub: Saterdag, 19 September.
Grootfontein-gholfklub: Saterdag, 17 Oktober.
Tsumeb-gholfklub: Saterdag, 07 November.
Die finaal in Windhoek: Saterdag, 28 November.
Matthews het waardering uitgespreek vir die medeborge wat die poging ondersteun, naamlik M+Z Motors Windhoek, Old Mutual Wealth, Gondwana Collection Namibia, AfricaOnline, Engen Namibia, Taeuber & Corssen, Dulux Namibia, Momentum Korttermynversekering, ComputerKit Namibia, Khomas Medical Centre en die mediavennoot Radiowave.
Dan Zwiebel, die koördineerder van die gholfreeks, sê: “Ons is rêrig opgewonde om gholfgeleenthede van werklike gehalte aan te bied, veral op plekke waar ywerige gholfentoesiaste selde die kans kry om op hul eie voorstoep in 'n professioneel georganiseerde toernooi te speel.
“Die reeks is ongetwyfeld 'n platform om nuwe talent na vore te bring en op dié manier dra die reeks verder by tot die algehele ontwikkeling van sport in die land.”
Enigiemand wat vir deelname aan 'n toernooi in die Nedbank for Autism-reeks wil registreer, is welkom om met Dan Zwiebel by [email protected] te skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie