“Spookhengel” bedreig Namibiese robbe
Wetenskaplikes vind dat jonger, nuuskierige robbe dikwels in ou hengelgereedskap of ander plastiekrommel in die see verstrengel en beseer word, met talle wat daarvan vrek.
Elvira Hattingh - Sowat een uit elke 500 Kaapse pelsrobbe aan die Namibiese kus verstrengel hulself jaarliks in plastiekrommel.
Hulle word meestal om die nek vasgevang, wat wurgwonde veroorsaak en telkens tot vrektes lei. In die meeste gevalle is ou hengelgereedskap hiervoor verantwoordelik.
Dit is volgens die eerste resultate van ‘n voortdurende studie deur wetenskaplikes verbonde aan die Stellenbosch Universiteit, Sea Search, die Namibiese Dolfynprojek (NDP) asook Ocean Conservation Namibia.
Die resultate is einde Augustus in die wetenskapsjoernaal Marine Pollution Bulletin gepubliseer.
Onder die 347 verstrengelde robbe wat tussen 2018 en 2020 tydens die studie waargeneem is, kon OCN se mnr. Naudé Dreyer en sy span altesaam 191 robbe suksesvol bevry.
Volgens die wetenskaplikes is dit oorwegend robwelpies en –jongelinge wat geraak word en is monofilament vislyne soos dié vir snoek en haaie, asook visnette van die hengelgereedskap wat die meeste van die diere verwyder is. Hierdie materiaal besorg robbe ernstige wonde, wat dikwels tot ‘n stadige, pynlike dood lei.
Ander materiaal wat van robbe verwyder is, sluit in die plastiekbande wat dikwels gebruik word om bokse toe te bind.
Die wetenskaplikes sê in tot 85% van die gevalle was die robbe om die nek vasgevang, maar soms ook oor die kop, hul middel en skouers asook om die kakebeen, onderlyf of stertvin. Sowat ‘n derde van verstrengelde robbe het ligte wonde gehad, terwyl nog ‘n derde ernstig beseer was.
“In sommige gevalle is robbe opgemerk wat se beweging deur die materiaal belemmer is waarin hulle vasgevang was. Enkeles het selfs moeilik asem gehaal of te maer voorgekom, terwyl die rommel in sommige gevalle lank genoeg was om die rob se swemvermoë te belemmer of ander items in die verbygang vas te vang.
Die navorsers het Pelikaanpunt vir hul studie gekies, wat sowat 12 000 robbe huisves op ‘n plek wat teenaan die besige Walvisbaaise hawe en ook midde ‘n bedrywige hengelgebied lê. Daarteenoor is Kaap Kruis se robbe ook bestudeer, wat baie meer afgeleë is, maar wat meer as 200 000 robbe in die paarseisoen huisves.
Die span het gevind dat lugfoto’s van robkolonies die vinnigste en mees akkurate manier was om data in te samel oor robbe en die materiaal waarin hulle verstrengel raak.
“Dit is duidelik dat meer robbe in rommel verstrengel raak op plekke waar baie mense woon terwyl daar sterk hengelbedrywighede aan die gang is en visoorblyfsels versamel.
“Robbe word dikwels rondom visskuite gesien. Alhoewel daar nog nie data vir Namibië beskikbaar is nie, weet ons in Suid-Afrika word ‘n geraamde 15 000 tot 40 000 ton plastiekrommel jaarliks vanaf die binneland na die see vervoer,” het die wetenskaplikes opgemerk.
Die navorsers sê die see word al meer besoedel en na raming versamel tot 640 000 ton hengelgereedskap jaarliks in die see, wat die probleem van gereedskap wat “spookhengel” genoem word, vererger.
Dreyer het ook aangedui dat daar sedert die begin van 2021 weer reeds meer as 600 robbe in net twee kolonies van plastiekvoorwerpe bevry is.
Kaapse pelsrobbe (Arctocephalus pusillus pusillus) is endemies tot kusgedeeltes vanaf Angola, Namibië tot in Suid-Afrika en hul bevolkingsyfer staan op ‘n geraamde 1,7 miljoen diere.
Alhoewel ‘n soortgelyke studie so vroeg as 1980 hieroor uitgevoer is, is hierdie ‘n eerste vir Pelikaanpunt in Namibië en bevat dit ook die heel meeste detail. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie