Spoorlyn weens ontsporing gesluit
Die spoorlyn tussen Kranzberg en Otjiwarongo is gesluit weens ’n trein wat ontspoor het.
Die trein het tussen Okakombo en Epako, sowat 25 km vanaf Omaruru, ontspoor. Die trein, wat gewoonlik suur vervoer, was ten tye van die voorval leeg gewees. Die ongeluk het na bewering om 04:51 plaasgevind.
Me. Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, het bevestig dat niemand in die voorval beseer is nie. Sy kon egter nie meer besonderhede oor die skade verskaf nie.
TransNamib het intussen hul kliente, wat van dié spoorlyn gebruik maak, van die tydelike oponthoud ingelig.
Foto Namibian Sun argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie