Spoorlyne ook verspoel
Infrastruktuur
Francoise Steynberg – Dis nie net die padnetwerk in die Suide wat weens die afgelope dae se swaar reënbuie verspoel het nie, maar ook spoorlyne.
TransNamib het gister bevestig dat die volgende spoorlyne beskadig is:
• Vanaf Ariamsvlei na Keetmanshoop is die spoorlyn plek-plek tussen Gawachab- en Naute-stasie verspoel.
• Vanaf Seeheim na Aus is die spoorlyn plek-plek tussen Goageb- en Bucholzbrunnstasie weggespoel.
• Vanaf Keetmanshoop na Mariental is die spoorlyn tussen Brukkaros en Asab weggespoel.
“Aangesien vandeesweek nog meer reën in die Suide verwag word, sal herstelwerk nou nutteloos wees,” het die korporatiewe kommunikasiehoof van TransNamib, me. Abigail Raubenheimer, op navraag van Republikein gesê.
“Dit sou ook voortydig wees om ’n tydlyn te probeer gee van hoe lank dit sal neem om die spoorlyn te herstel, asook die betrokke kosteberaming” van die skade.
“Ons is tans besig met inspeksies, asook om die omvang van die skade te bereken en ons moniotor die situasie voortdurend,” het sy gesê.
Volgens Raubenheimer het TransNamib alle passasiersdienste opgeskort en sal die publiek op hoogte hou wanneer dit weer hervat.
“Die skade aan die spoorlyne het ook TransNamib se vragvervoer na die Suide en terug beïnvloed,” het sy gesê.
Raubenheimer het bygevoeg “eers sodra alle faktore in ag geneem is, sal ons ’n ware weerspieëling van die impak op die maatskappy se inkomste kan gee”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie