Spoortenders: Chinese glo voorgetrek
Rolspelers in die plaaslike boubedryf is weer eens stomgeslaan oor winsgewende tenders glo aan buitelanders gegee word.
Catherine Sasman
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van werke en vervoer, mnr. Willem Goeiemann, sê 'n besluit is nog nie geneem oor die toekenning van die twee spoorboutenders om twee dele van die Walvisbaai-Kranzberg-spoorlyn ter waarde van N$2,4 miljard op te gradeer nie.
Mnr. Robert Kalomho, die ministerie se direkteur van die bestuur van spoorinfrastruktuur, het dit bevestig.
Hy sê die amptelike publikasie van tendertoekennings, soos die African Development Bank (AfDB) vereis, sal uitgereik word sodra die verkrygingsproses voltooi is.
Sowat 30% van dié projekte sal na wat verneem word deur 'n N$10 miljard-lening van die AfDB gefinansier word.
Die regering sal na verwagting sowat N$3,3 miljard aan spoorprojekte bestee.
Ondanks die uitstaande tendertoekennings lig wenkbroue in die boubedryf oor gerugte dat twee Chinese bieërs met die oog op die projekte “voorgetrek” word.
Die spoorprojek sal in twee fases onderneem word: die eerste is die spoorlyn tussen Arandis en Kranzberg, en die tweede die spoorlyn tussen Arandis en Walvisbaai.
Na wat verneem word het Qingjiang Group/Unik Construction Engineering (beide Chinese maatskappye) die Arandis-Kranzberg-projek gekry.
China Gezhouba Group het glo die Arandis-Walvisbaai-projek gekry.
Die Unik-gesamentlike onderneming (JV) is glo reeds na Suid-Afrikaanse verskaffers met 'n toekenningsbrief van die ministerie van werke en vervoer.
Die tenderbulletin van 2 tot 8 Augustus het in 'n artikel getiteld “China champions Nam's choo-choo projects” berig China Gezhouba is aanvanklik nie as een van die 21 bieërs genoem toe die tender op 10 Oktober 2018 gesluit het nie.
Twee van die 21 bieërs was Namibies, sewe Chinees, twee was gesamentlike ondernemings tussen Namibiese en Chinese partye, een was van Turkye, en twee was Suid-Afrikaanse maatskappye.
Die twee plaaslike bieërs, wat verkies om anoniem te bly uit vrees vir 'n “geen tender”-reaksie het aangedui nóg Qingjiang/Unik nóg China Gezhouba het spoorwegprojekte onder hul aktiwiteite op hul webtuiste gelys.
Boonop, sê hulle, is dat die Unik-gesamentlike onderneming glo beplan om soveel as 70% van die werk aan die Suid-Afrikaanse maatskappy Aveng uit te kontrakteer, wat nie met die AfDB-reëls strook nie.
Volgens die AfDB-reëls mag nie meer as 25% van 'n kontrak uitgekontrakteer word nie.
'nAMIBIëRS UITGESLUIT'
“Dit laat mens wonder waarom dit hier in Namibië toegelaat word en of dit nie 'n doelbewuste poging is om plaaslike kontrakteurs uit te sluit nie. Namibiese kontrakteurs word geensins in ag geneem nie,” het 'n plaaslike rolspeler gesê.
Volgens gerugte was die ministerie se besluit op die laagste bod gebaseer.
Hoe die Unik JV en China Gezhouba hul prys bepaal het, word bevraagteken.
Unik JV kon glo 40% laer as die beraamde begroting vir raadgewende ingenieurs bie, en sowat 50% laer as wat die Turkse bieër, Yapi Merkezi, gevra het.
Yapi Merkezi se verlangde prys is N$1,4 miljard, en is na bewering een van die bes gekwalifiseerde internasionale kontrakteurs in spoorwegkonstruksie.
Dié bieër se bod was sowat 14% hoër as JDC Consortium, wat die plaaslike D&M Rail insluit.
Unik JV het sowat N$720 miljoen gekwoteer, wat die konstruksie van die spoorlyn, brûe en grondwerk insluit, wat na raming tussen N$400 miljoen en N$500 miljoen sal kos.
Aveng se beraamde begroting vir die bou van die spoorlyn was sowat N$800 miljoen.
“Die enigste logiese verklaring is dat dit suiwer onkunde was en geen plaaslike kennis wat Unik JV im staat gestel het om teen so 'n lae prys in te kom,” het 'n plaaslike bron gesê.
PLAASLIKE VERSKAFFERS
Unik JV het na wat verneem word geen navraag by die plaaslike dwarslêervervaardigers op Tsumeb oor pryse gedoen nie, wat gerugte aangevuur het dat hy dwarslêers by Suid-Afrika of China gaan kry.
“Mens kan net aanneem daar sal minimale plaaslike verkryging wees en geen stimulasie van die stagnerende ekonomie nie,” het 'n bron gesê.
"Dit is bekend dat Aveng baie van sy werk gemeganiseer het, wat baie van die arbeid vervang. Daar sal dus minimale werkskepping wees. Ons wonder regtig of werkskepping deur die AfDB oorweeg word, wat 'n belangrike rol speel in die toekenning van projekte aan die goedkoopste bieërs,” het die bron gesê.
Die bronne het gesê omdat daar geen nuwe spoorbouprojekte in Suid-Afrika is nie, kan aanvaar word Aveng sal sy eie ten volle opgeleide personeel saambring.
“Die vraag bly staan: Gaan ons vir altyd afhanklik van buitelanders wees wat geen vaardighede oordra nie, soos die geval was met die bou van die noordelike spoorlyn wat ook deur Aveng gedoen is?” het 'n bron gevra.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie