Sporadiese gevegte terwyl Kenia weer stem
Gevegte het gister plek-plek in Kenia uitgebreek waar 'n herverkiesing in opdrag van die hof gehou is.
Keniane het gister drupsgewys na stembusse gegaan vir ‘n herverkiesing wat die nasie gepolariseer het.
Op sommige plekke het opposisieondersteuners met veiligheidsmagte gebots. Sommige ondersteuners van die opposisieleier, Raila Odinga, het sy versoek om die verkiesings te boikot, geïgnoreer en wel gaan stem.
In skerp teenstelling met die eerste verkiesingsronde in Augustus, is slegs 'n handjievol kiesers by baie stembusse opgemerk.
Waarnemers verwag dat nog hofsake uit die verkiesing sal spruit.
In opposisievestings in krotbuurte in Nairobi en in die weste van die land, het betogers barrikades in die strate en voor stempunte opgerig en die polisie onder die klippe gesteek. Die polisie het op hul beurt traangas en waterkanonne ingespan om die betogers uiteen te jaag.
Hierdie verkiesing is die chaotiese klimaks van ‘n politieke drama wat begin het toe die hooggeregshof die verkiesingsoorwinning van pres. Uhuru Kenyatta in die 8 Augustus-verkiesings omgekeer het.
Die hof het bevind dat “onreelmatighede” en wanbestuur by die Onafhanklike Verkiesing- en Afbakeningskommissie (IEBC) aan die orde van die dag was.
Kenyatta is so goed as verseker van ‘n oorwinning nadat die veteraanopposisieleier Odinga aan die verkiesing onttrek het omdat hy vrees dat die verkiesing onder dieselfde foute as die Augustus-verkiesing gebuk gaan.
Die boikot in Oos-Afrika se welvarendste ekonomie en een van die sterkste demokrasieë in die streek, sal die geloofwaardigheid van Kenyatta se sege in die gedrang bring en die land se grootste politieke krisis sedert 2007 verdiep. In 2007 is meer as 1 100 mense ná die verkiesing in etniese geweldpleging dood.
In Odinga se westelike vesting, Kisumu, het verskeie stempunte nie geopen nie. Elektroniese stemtoerusting en toerusting om die uitslae na die hoofkantoor te stuur, is nie afgelewer nie.
Die herverkiesing is deur chaos en vyandigheid gekenmerk met diplomate wat Kenyatta én Odinga gekritiseer het vir die verdeeldheid.
Verskeie regstryde kon nie daarin slaag om die verkiesing te verhinder nie. Die finale petisie aan die hooggeregshof op die vooraand van die verkiesing het ook gefaal toe twee van die sewe regters nie by die hof opgedaag het nie. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie