Spore in die afval.
Kaap Kruis is een van daai plekke wat jy net een keer in jou lewe hoef te besoek. Tensy jy versot is op die reuk van min of meer 80 000 robbe wat besig is met niks anders as raas en lê nie. Dit is soos Parys in Frankryk. Jy neem jou foto onder die Eiffel, eet jou croissant en beweeg aan. Dieselfde geld vir Kaap Kruis. Jy hoef eintlik nie eers ‘n foto te neem nie. Jy kan dit sommer in jou geestesoog vaspen.
Die afgelope naweek het ek besoek by die wêreldberoemde robkolonie aan die kus van Namibië gaan aflê. Oukei, 'n hoop robbe bymekaar is nou iets, maar jy kan dit elders in die wêreld ook gaan kyk.
Die laaste keer toe ek daar was, is toe my ma en pa nog vir Natuurbewaring gewerk het.
Hulle was die bestuurders van die plek. Ons het in ‘n ou, klein en klam gehuggie gewoon. My pa was die kampeerplekbestuurder, wat bestaan het uit vyf kampeerplekke, twee long drops en drie donkiestorte. Moeder was agter die admin-lessenaar en het vir my en boetman mash en bangers gebou. Destyds was daar nog nie ‘n lodge nie soos nou nie. Hoe ons die plek verlaat het, is nie hoe hom vandag sal kry nie.
My ma sê altyd, as jy mooi soek, sal jy jou spore daar iewers vind. Maar met die vieslike wind wat altyd daar waai, kan dit knetter het ek al vir haar gesê. Ek wou altyd weet hoekom ons moes trek.
Na byna 20 jaar het ek die naweek weer by die robbe gaan kuier. Intussen is het iemand met baie Euro's ‘n lieflike lodge met spierwit linne en ‘n topgehalte kombuis opgerig. Ek was bitter opgewonde om die plek weer te besoek. Met die eerste oogopslag, as jy nou die lodge sien en jy ry nader, lyk die besigheid steeds vaal. Soos ‘n afval wat op die tradisionele manier gemaak is. Net met sout en peper.
Jy weet daar kort iets. Al is dit Aromat of bietjie pietersielie.
Maar weens die feit dat die robbe besluit het om op daai spesifieke plek langs die kus nes te skrop, moes die man met die Euro's die lodge daar bou. Anders was dit net ‘n nóg ‘n lodge in nóg ‘n moeras. Die absolute dorre omgewing los jou met baie vra, want om jou is net seesand en ander toersite in two tone safaripakkies.
Soos ek by die parkeerarea inry, begin ek al soek vir ons spore. Dalk, net dalk, lê hulle wel nog daar rond. Almal in ons familie is met pofvoetjies gebore. Ek weet al hoe lyk ons merke. Maar ek sien niks.
Ek het ingeteken, ‘n dame het my na my kamer geneem en ek het ‘n glas witwyn in my kamer laat aflewer. Ek is mos ‘n snob.
En ek maak of ek baie fênsie is. Op die bed het ‘n kamerjas en van daai slippers wat so dun soos foliovelle is, gelê. Ek het my outfit van toeris na v.t.b (vryetydsbesteder) verander en agteroor op die bed gaan lê. Dit was lieflik. Maar die see het so hard geraas, ek kon glad nie my gedagtes hoor nie. En toe raak ek aan die slaap. Met die duvet wat tot reg onder my ken getrek is.
‘n Uur later het ek wakker geskrik met ‘n honger wat vir geen ding skrik nie. Ek is terug in my toerispakkie en af tot by die restaurant. EK het vir my ‘n brötchen bestel en ‘n take away java. Toe klim ek in my kar en ry die drie kilo’s na die robbe. Ek het uitgeklim, my foto geneem en die broodjie sukkel-sukkel in die kar geëet en besluit dis genoeg. Ek het na die japon en papierpantoffels verlang.
Toe ek in die kamer kom, het ek besef hoekom my ouers besluit het om aan te beweeg.
Daai reuk. Dit is afskuwelik. Ek is ernstig. Jy proe dit. En as dit nie vir die winde van verandering was nie, het ons seker nou nog daar spore getrap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie