Sport wat presteer, verg sakevernuf
Sport wat presteer, verg sakevernuf

Sport wat presteer, verg sakevernuf

Dani Booysen
ONDERSTEUNER SKRYF:

Dankie, Jaques Burger, vir wat jy vir Namibiese rugby beteken het. Jy kan met outoriteit jou menings ten opsigte van Namibiese rugby en die NRU lug.

Jy het die wêreld se ervaring van afrigters en daarom is dit belangrik dat jy jou opinie duidelik uitspel.

Alhoewel Wêreldrugby, die IRB, alles weet van die NRU, bevestig jou stem net die redes hoekom hulle eerder by Kenia betrokke raak. En nie wil waag om enige fondse in Namibiese rugby te belê nie.

Soos jy sê: watter maatkappy wil belê in (my woorde) 'n unie waar afrigters met 'n geskiedenis aangestel word deur 'n bestuur wat geen belang in spelers het nie, maar slegs in hulle eie status. Daar is geen kennis van administrasie en finansiële bestuur nie.

Die IRB het vir Phil Davies aangestel en vergoed. Wat 'n verskil het hy nie gemaak nie.

Die IRB wou nie weer betrokke raak nie - en hiervoor is daar legio redes. Rugby is 'n besigheid wat bestuur moet word deur mense met besigheidservaring en kennis. En passie.

Jaques, raak betrokke asseblief. Die wiel sal wel draai.

Bly uitgesproke in die internasionale media.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!