Sportbom
Sportbom

Sportbom

Dani Booysen
Die ombudsman se verslag oor rasse-, ander vorme van diskriminasie en stamgebondenheid hou soos op ander fronte waarskynlik ook verreikende gevolge vir die Namibiese sportlandskap in.

Verskeie aanbevelings word gemaak wat volgens adv. John Walters vanaf nasionale sportbestuur tot op klub-, skole- en ander vlakke tot by toeskouers en ondersteuners moet afwentel.

Sommige in sportkringe sal dalk verskil hoe wydverspreid diskriminasie regtig voorkom, maar wanpraktyke mag nie geïgnoreer word nie. Dit moet met wortel en tak uitgeroei te word.

Streng, deursigtige optrede is inderdaad nodig teen rassistiese skeltaal en ander vorme van diskriminasie.

Die ombudsman beveel ‘n behoorlike ondersoek deur die Sportkommissie aan, ook oor werkpermitte vir buitelandse afrigters. Moontlike wysigings aan die Sportwet word geopper en betrokke ministeries moet binne ses maande in besonderhede oor hul optrede verslag doen.

Dat spanne verteenwoordigend moet wees, is ‘n kerneis. Nasionale rugby se meestal minder as 10% voorheen benadeelde spelers word as voorbeeld uitgesonder en onder meer krieket, hokkie en atletiek word ook by die naam aangespreek.

In Namibië is al van sportkwota’s gepraat, maar geen besluite is nog geneem nie. Meriete mag nie heeltemal by die deur uitgegooi word nie.

Die beste optrede is vir die sportgemeenskap om hom op alle vlakke dadelik op hoogte van die verslag te bring. Voer gesprek en wees proaktief eerder as om later eensydig in die blik gedruk te word.

So sê ander

28 November 2017

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Hopelik besef die nuwe polisiekommissaris, lt.genl. Khehla Sithole, dat alle oë van die samelewing met groot verwagtinge – en met reg so – op hom gerig sal wees.

Die goeie nuus van sy aanstelling is dat hy die eerste beroepspolisielid is wat in die pos aangestel is sedert George Fivaz, wat die nuwe grondwetlike bedeling as kommissaris ingelui het. Sedertdien het die ANC se politieke transformasiepogings en aanstellings van buite die polisie­ in die pos klaaglik misluk.

Sithole hoef nie verder as die jongste misdaadstatistieke te kyk om te besluit wat sy prioriteit gaan wees nie.

Nog ’n taak wat wag, is die meer as tientalle klagte wat reeds by polisiekantore ingedien is teen Zuma, van sy kabinetslede en hooggeplaaste amptenare. Dit sal interessant wees om te sien wat Sithole met die groot stapel leggers gaan doen.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!