Sportkodestryd: NHRA sal ‘ingeligte besluit’ neem
Die Perdewedrenvereniging sê dit blyk die DBV het sy mes in vir perdewedrenne in Namibië.
Elvira Hattingh - Die Namibiese Perdewedrenvereniging (NHRA) sê ’n komitee is gestig wat terugvoering moet gee oor die toekom, na aanleiding van die Namibiese Dierebeskermingsvereniging (DBV) se eise.
Die NHRA se president, mnr. Seretse Olibile, het Donderdag in ’n antwoord op beweringe dat die vereniging nie met die DBV wil saamwerk nie, gesê ’n NHRA-komitee van drie, onder wie ’n advokaat, sal vasstel wat presies die Namibiese wet van perdewedrenne vereis. Hulle sal dan aan hom terugvoering gee sodat die NHRA ingeligte besluite oor die situasie kan neem.
Die DBV wil hê die NHRA moet sekere sportkodes tydens perdewedrenne instel wat die menslike behandeling, vervoer en aanhouding van die diere sal verseker.
Na gelang van die komitee se terugvoering, beplan die NHRA om ’n buitengewone vergadering te belê. Tydens die jaarvergadering in Februarie sal beslis word oor die pad vorentoe. Na gelang van die besluit sal die komitee belas word met die DBV skakel.
Olibile het gesê tydens hul jaarvergadering in November verlede jaar was daar eerder ’n meningsverskil onder lede oor die DBV-kwessie as tweespalt. Toe is hul ontwikkelingsbeampte, mnr. John Wellman, glo gevra om terug te staan sodat hulle dit kon uitklaar.
REËLS NIE VERANDER
Olibile sê ook hy is nie bewus daarvan dat ’n reël wat vereis ’n veearts moet heeltyd tydens perdewedrenne teenwoordig wees, van hul reëls en regulasies verwyder is nie.
Hy sê dit kan eers bewys word indien die ou reëls getoon kan word en dié reël wel daarin voorkom.
Olibile het verwys na reël 15.2 wat bepaal dat ’n veearts die dag voor of ná ’n wedren ’n monster vir toetse van enige perd mag neem wat vir ’n geleentheid ingeskryf is. “Al verandering waarvan ek bewus is, is dat dié reël voorheen nommer 14.2 was,” het hy gesê. “Veeartse is wel betrokke by ons sport en ons laat toetse toe om seker te maak perde word nie verbode middels toegedien nie.”
Hy het ook bevestig dat eienaars van resiesperde baie mooi na hul diere omsien. “Ek koop duur perde, hoekom sal ek hulle dan mishandel?”
Olibile is ook van mening dat internasionale reëls, soos dat perde in skaduwee of stalle moet staan, nie plaaslik van toepassing is nie en ook nie noodwendig prakties uitvoerbaar is nie. Hy sê min, indien enige, Namibiese perde word op stal gehou. Dit is wel gebruiklik in Europa waar nat en koue toestande heers, en perde se hoewe as gevolg daarvan kan vrot. Hy is ook van mening dat perde dikwels verkies om in die son te staan.
Voorts sê hy foto’s van Rehoboth se perdestalle wat op sosiale media die ronde doen, bied nie die hele prentjie nie en dat dié perdestalle die beste in die land is. Hy sê slegs die ou stalle, wat nie gebruik word nie, is afgeneem terwyl daar baie goeie geriewe is.
VEG VIR PERDEWEDRENNE
Olibile beweer die DBV steun nie die bevordering van perdewedrenne in die land nie, en dat die NHRA slegs sal saamwerk met instansies wat dit wel doen.
Hy het gesê hy wil die woord ‘saamwerk’ baie versigtig gebruik, en het beklemtoon dat sy mandaat die bevordering van plaaslike perdewedrenne is.
Olibile het gesê hulle sal veg vir die behoud van die sport. “Die DBV behoort meer ondersteunend te wees. Nou is hy besig om agter ons rug met ons borge te konkel. Slegs die sportkommissie kan aan ons voorskryf, maar ons sal nog na hulle gaan om ons saak te stel.”
Hy het ook gesê die fokus word geplaas op hoe perde na wedrenne vervoer word, terwyl diegene wat aan uithouritte deelneem ook baie perde op lorries vervoer, sonder om in die spervuur te beland.
“Die blyk die DBV het sy mes in vir spesifiek perdewedrenne in Namibië,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie