Sprei jou vlerke met gemak
Put die meeste uit jou reis met dié vliegwenke
Nie almal van ons is stralejakkers nie. So wanneer jy jou swaar verdiende spaargeld aan daardie droomvakansie bestee, wil jy graag hê dit moet van die eerste oomblik af volmaak wees.
Maar daar is soveel vrae: Jy wil nie net die goedkoopste vlug hê nie, jy wil ook op die beste sitplek sit. Hoe weet jy egter waar dit is?
Ons het vir ’n paar Asata-geakkrediteerde reisagente gevra om van die mees kwellende vrae te beantwoord.
• Hoe kies ek die gemaklikste sitplek op ’n vlug?
Nie alle lugdienste laat jou toe om vooraf jou sitplek te bespreek nie. Jy moet ál meer vir daardie voorreg betaal. Jy kan egter altyd presies 24 uur voor jou vertrek aanlyn kies, sê Lisa Kruger van Pentravel.
“Jou reisagent sal vir jou ’n sitplekplan van die spesifieke vliegtuig kan gee of jy kan dit aanlyn op die lugdiens se webblad sien.
“As jy lank is, kies ’n gangsitplek om jou bene te rek, maar onthou dat die mense langs jou jou kan pla wanneer hulle wil opstaan. As jy dwarsdeur die vlug wil slaap, kies ’n venstersitplek ver van die badkamers en kombuis af, want dit kan raserig raak. Die gewilde nooduitgangsitplekke met al hul ruimte is ook meestal naby die badkamers, kombuis en sitplekke wat babawiegies akkommodeer.”
• Wanneer kry ’n mens die goedkoopste vliegtuigkaartjies?
“Kaartjiepryse word weekliks op ’n Donderdag aangepas om wisselkoerse te weerspieël,” sê Beaulah Bam van Harvey World Travel. So as jy vermoed die rand gaan verder daal, betaal eerder jou kaartjie vroeg in die week.
“Lugdienste stel ook gewoonlik ’n paar weke voor Paasfees en Kersfees spesiale aanbiedinge bekend,” sê Leigh-Ann Ellis van dieselfde reisagent.
• Moet ek met kontant of my kredietkaart reis?
“Ons beveel altyd aan dat ons kliënte ’n ‘global travel card’ by ’n buitelandse valutahandelaar koop,” sê Lisa. “Jy kan enige geldeenheid daarop laai teen ’n vooraf bepaalde wisselkoers – wat ’n verligting is met die rand/dollar wat so wipplank ry – en dit dan nes ’n debietkaart gebruik. Die kaart word deur ’n PIN beskerm en jy kan dit maklik vervang as jy dit verloor of dit gesteel word. Dis nie so maklik om ’n kredietkaart te vervang nie. Ek beveel tog aan dat my kliënte hul kredietkaarte saamneem vir ingeval.”
Amanda Harvey van Trafalgar sê die maatskappy sê ook aan kliënte om ’n kontantbedrag saam te vat, net vir ingeval tegnologie jou in die steek laat. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie