Springbokatleet wys nuwe, moderne apteek
Westridge bied alle gewilde handelsmerke
Deon Eysele - Toe Johan en Salomé Faber, destyds van die bekendste rugby- en atletieksterre in die land, hulle in 1979 op Okahandja vestig, het hulle net een doel voor oë gehad: Hulle wou ’n suksesvolle apteek op die dorp vestig, kom wat wil.
As ’n jong apteker en voorste rugbyspeler het Johan en sy jong bruid wat as Salomé Maritz bekendheid verwerf het as Springbok-landloopatleet, gou by die gemeenskap ingeskakel.
In ’n gesprek in hul nuwe apteek van meer as 300m² in die nuwe inkoopsentrum op die dorp, onthou Salomé nog goed hoe hulle aanvanklik kop bo water moes hou.
Die hipermoderne Westridge Pharmacy waar hulle nou ook sake doen, bied nie net ’n diens met betrekking tot medisyne en verwante aangeleenthede nie, maar het rakke vol reekse skoonheidsmiddels, gesondheidskoene en van die bekendste handelsmerke in duur parfuums in die mark.
“Destyds toe ons hier gekom het en die Okahandja Apteek geopen het, het ons daaglikse voorraad per koerierdiens vanaf Windhoek gekom. Elke oggend het ons ’n bode met ’n kruiwa stasie toe gestuur om die pakkies te gaan haal,” het sy vertel. Vandag, sê sy, is daar nie ’n manier dat iemand enige voorraad so oop kan vervoer sonder dat dit gesteel sal word nie.
Daardie tyd, dink sy ook hardop, was alles nog primitief en was daar geen sprake van rekenaars en die modern elektroniese hulpmiddels wat deesdae as vanselfsprekend aanvaar word nie. Alles moes letterlik met die hand geskryf word en volledige boekhoustelsels en registers is bygehou.
“In die apteek moes ons noukeurig per hand sorg dat alles neergepen word en volledige inskrywings in registers met stempels en handtekeninge en de lot, aanbring.”
As atleet het Salomé destyds die wêreld hier en in Suid-Afrika aan die brand gehardloop. Sy was ook die eerste Namibiese atleet (destyds Suidwes-Afrika) wat goed genoeg was om vir Springbokkleure te kwalifiseer. Sy het veral in landloop uitgeblink en was vir lank die kampioenhardloper in die 3 000 m. Sy het meer as een keer die titel van sportvrou van die jaar vir haar prestasies op die atletiekbaan verower.
Vandag handhaaf sy steeds ’n baie gesonde leefstyl en sorg dat sy fiks bly.
“Dit is nie altyd vir my maklik of lekker om dit te doen nie, maar oor al die jare het ek daarna gestreef om gesond te leef. Ek sorg dat ek elke dag vir minstens 90 minute in die gimnasium oefen, stap of draf,” het sy gesê.
Afgesien van die apteke wat hulle bedryf, is die Fabers ook die eienaars van die baie suksesvolle en hoogaangeskrewe Fabrique Limousin Stoet, ’n aktiewe jagonderneming en lusernverbouing en die produksie van kuilvoer en ander veevoere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie