Springers en blitse oes meeste punte

Net die beste presteerders in die reeks sal vir ’n deel van die prysgeld van N$50 000 in aanmerking kom.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die hoogspringer Wencuslaus Klaasman se suksesvolle sprong van 2.05 meter was Saterdag een van die topvier goeie prestasies by die eerste Grand Prix reeksbyeenkoms van Coca-Cola en Atletiek Namibië laas Saterdag by die Paresis-sportveld op Otjiwarongo.

Die veelsydige Klaasman het met sy hoogspringsege 958 punte op die IAAF-tabel verdien.

Klaasman het ook in die verspring meegeding, maar moes hier met ’n brons agter die nasionale kampioen Sandro Diergaardt se beste poging van 7.33 meter tevrede wees. Laasgenoemde se wensprong was 993 punte op die IAAF-puntelys werd, die hoogste totaal van die dag.

Die blitsige Dantago Gurirab het beide sy 100 meter uitdun en in die finaal in minder as elf sekondes gewen. Gurirab se wentyd van 10.72 sekondes en Ernst Narib se tweede plek van 10.76 was onderskeidelik 971 en 959 IAAF-punte werd.

Loshande die topprestasie deur ’n vroueatleet was Tjipekapora Herunga, die voormalige Olimpiese atleet, se tyd van 25.67 in die 200 meter (881 punte).

Ander uitstaande atlete soos Ryan Williams (gewigstoot en diskusgooi), Ernst Narib (200) en Mahmad Bock (400) het hul items gewen sonder dat hulle werklike sterk kompetisie ondervind het.

Atlete in die Coca-Cola reeks van drie byeenkomste kan in die groot prys van N$50 000 deel, mits hulle in enige item ’n minimum IAAF-telling van een duisend punte behaal en hul prestasie aan die einde van die reeks hulle in die toptien plaas. Nog ’n vereiste is dat atlete aan al drie byeenkomste in die reeks moet deelneem om vir ’n deel van die prysgeld in aanmerking te kom.

Die voorste uitslae op Otjiwarongo was:

Vroue 100 meter

1 Mbaandja Humavindu (Unam) 13.64, tien punte

2 Queen Gom-Khais (Swakop Striders) 14.00, agt punte

3 Rauha Isak (Golden Cheetah) 17.27, ses punte

Vroue 200 meter (tye in twee uitdunne)

1 Tjipekapora Herunga (Rehoboth) 25.67, tien punte

2 Johanna Ludgeres (Unam) 27.60, agt punte

3 Mbaandja Humavindu (Unam) 27.78, ses punte

Vroue 400 meter (tye in twee uitdunne)

1 Shekupe Gustaf (Korrektiewe Dienste) 1:00.62 1, tien punte

2 Tangi Mulundu (Unam) 1:03.95 2, agt punte

3 Helena Amutana (Olupale) 1:05.97 1, ses punte

Vroue 400 m hekkies

1 Chantelle Louw (QSB Windhoek Hochland) 1:17.57, tien punte

2 Cindy Huber (QSB Windhoek Hochland) 1:18.16, agt punte

Vroue 800 meter

1 Shekupe Gustaf (Korrektiewe Dienste) 2:27.33, tien punte

2 Helena Amutana (Olupale) 2:30.55, agt punte

3 Tangi Mulundu (Unam) 2:39.75, ses punte

Vroue verspring

1 Globine Mayova (Rehoboth) 4.89m, tien punte

2 Olivia Junias (Rehoboth) 4.85m, agt punte

3 Meriam Minin (Unam) 4.51m, ses punte

Vroue hoogspring

1 Meriam Minin (Unam) 1.45m, tien punte

Vroue gewigstoot

1 Karlien Botha (QSB Windhoek Hochland) 11.29m, tien punte

2 Virginia Kujandeka (Unam) 11.14m, agt punte

3 Ashneen Emamdien (Unam) 7.10m, ses punte

Vroue spiesgooi

1 Karlien Botha (QSB Windhoek Hochland) 26.20m, tien punte

2 Virginia Kujandeka (Unam) 25.88m, agt punte

3 Xu Huber (QSB Windhoek Hochland) 22.22m, ses punte

Vroue diskusgooi

1 Karlien Botha (QSB Windhoek Hochland) 35.65m, tien punte

2 Xu Huber (QSB Windhoek Hochland) 24.75m, agt punte

3 Ashneen Emamdien (Unam) 21.60m, ses punte

Mans 100 meter finaal

1 Dantago Gurirab (Golden Cheetah) 10.72, tien punte

2 Ernst Narib (Rehoboth) 10.76, agt punte

3 Sandro Diergaardt (Rehoboth) 10.81, ses punte

4 Loinel Coetzee (Swakop Striders) 10.94, vyf punte

5 Sidney Kamuaruuma (Namib Lions) 10.95

Mans 200 meter (tye in drie uitdunne)

1 Ernst Narib (Nampol) 22.00, tien punte

2 Sidney Kamuaruuma (Namib Lions) 22.06, agt punte

3 Even Tjiviju (Korrektiewe Dienste) 22.68, ses punte

4 Raymond Hummel (Swakop Striders) 22.74, vyf punte

Mans 400 meter (tye in twee uitdunne)

1 Mahmad Bock (Unam) 51.05 1, tien punte

2 Leevi Stefanus (Olupale) 51.59 2, agt punte

3 Titus Hengari (Unam) 52.80 2, ses punte

Mans 800 meter

1 Teofelus Lisias (Golden Cheetah) 2:00.40, tien punte

2 Venericus Mogotsi (Namib Lions) 2:00.78, agt punte

3 Simon Paulus (Kakadinwa) 2:01.43, ses punte

Mans verspring

1 Sandro Diergaardt (Rehoboth) 7.33m, tien punte

2 Loinel Coetzee (Swakop Striders) 7.10m, agt punte

3 Wencuslaus Klaasman (Rehoboth) 6.51m, ses punte

Mans hoogspring

1 Wencuslaus Klaasman (Rehoboth) 2.05m, tien punte

2 Renaldo Shaningwa (QSB Windhoek Hochland) 1.90m, agt punte

3 Emmanuel Samantu (Unam) 1.85m, ses punte

Mans driesprong

1 Greg Makari (Unam) 13.26m, tien punte

2Ginaldo Kisting (Unam) 12.82m, agt punte

Mans gewigstoot

1 Coenie Kuhn (QSB Windhoek Hochland) 13.37m, tien punte

2 Ryan Williams (QSB Windhoek Hochland) 12.04m, agt punte

3 Clark Seibeb (Omaruru) 11.88m, ses punte

Mans spiesgooi

1 Juan Smith (QSB Windhoek Hochland) 59.20m, tien punte

2 Coen Kuhn (QSB Windhoek Hochland) 53.63m, agt punte

3 Ludwich Huber (QSB Windhoek Hochland) 52.05m, ses punte

4 William van Wyk (Rehoboth) 46.73m, vyf punte

Mans diskusgooi

1 Ryan Williams (QSB Windhoek Hochland) 41.77m, tien punte

2 Coen Kuhn (QSB Windhoek Hochland) 37.54m, agt punte

3 Ludwich Huber (QSB Windhoek Hochland) 34.23m, ses punte

• In die wedloop tussen die klubs het QSB Windhoek Hochland Sportklub die voortou geneem met 188 punte teen Unam se 164, gevolg deur die Namib Lions (86), Swakop Striders (40), Korrektiewe Dienste (33) en Golden Cheetah (29).

Die tweede byeenkoms in die Coca Cola-reeks van Atletiek Namibië is komende Saterdag op Swakopmund, voor die afsluiting op 16 Maart op Oshakati.

Die Swakop-byeenkoms sal tussen 16:00 en 19:45 afgehandel word. Atlete het tot Donderdag tyd om deur middel van hul klub of streekvereniging op die webblad van Atletiek Namibië in te skryf.

Die Namibiese nasionale baan- en veldatletiekkampioenskap word op 5 April in Windhoek aangebied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!