Sprinkane gee Karasburg se boere wéér pak
Ronelle Rademeyer – Die ministerie van landbou, water en bosbou het bekend gemaak hy veg sy aan sy met boere in die groter Karasburg-gebied teen nog 'n uitbreking van bruin sprinkane in die ||Kharasstreek.
Video’s wat met joernaliste gedeel is, toon hoe klein sprinkane op plase in dié geweste krioel.
Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, sê die goeie reën wat onlangs by Ariamsvlei voorgekom het, het gunstige broeitoestande vir die sprinkane geskep.
Die eerste uitbreking is op 21 September 2021 deur ’n kommersiële boer aangemeld en ’n span is dadelik uitgestuur, maar ongelukkig kon hulle nie die klein swem opspoor nie, sê hy.
Die aanvanklike beheer het op 03 November die Karasburg-distrik begin. Teen daardie tyd is die aangetaste gebied op ongeveer 800 000 hektaar geskat, en meer as 240 000 hektaar is met gif behandel, sê Musheko.
Hy sê intussen vlieg daar daagliks swerms sprinkane uit Suid-Afrika die gebied binne. Hulle is volwasse sprinkane wat paar en eiers lê, sê hy.
“Sedert die middel van Desember het ons swerms bruin sprinkane bespeur en spuitspanne is uitgestuur en bevind hulle sedertdien in die veld.”
Musheko sê die boere help met die bestryding.
Dinsdag is begin om vanaf die plaas Nakop tot by Swartkop, wat sowat 80 000 hektaar beslaan, gif te spuit
“Hierdie sprinkane broei nog uit, hulle beweeg nie baie nie en het nog nie groepe gevorm nie. Daar is egter groot swerms volwasse sprinkane wat deur die gebied trek terwyl hulle eiers lê.”
Musheko sê die terrein is moeilik begaanbaar en dit maak verkenning moeilik. “Dis moontlik dat daar meer onopgemerkte sprinkane in die eerste stadium is en ons verwag meer aanmeldings in die volgende twee weke wanneer hulle begin spring,” sê hy en moedig boere aan om voort te gaan met monitering.
SUID-AFRIKA
Netwerk24 het gister berig miljoene sprinkane trek in swerms oor groot dele in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap en rig groot skade aan natuurlike weiveld en landerye aan.
Padgebruikers is ook gewaarsku dat die insekte mense se sig belemmer en wanneer hulle op die pad gaan sit, vorm ’n glibberige mat op die padoppervlak wanneer voertuie die sprinkane doodry.
Mnr. Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap het aan Netwerk24 gesê die swerms sprinkane kom nou oor die breedte van dié provinsie voor en beweeg in ’n noordelike rigting.
Die sprinkane is in die vlieërstadium en verorber heelwat weiding so ver soos wat hulle trek, het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie