Sprinkane versprei na nog vier streke
Die verwagting is sodra omgewingstoestande meer gepas raak, meer sprinkane gaan uitbroei en dus binne alle gewasproduserende gebiede gaan uitbreek.
Elvira Hattingh
Leiers is bekommerd dat die rooisprinkane wat intussen na nog vier streke vanaf die Zambezistreek na die Kavango-Wes-, Kavango-Oos-, Ohangwena- en Oshikotostreek versprei het, ook in die res van die land se gewasproduserende gebiede gaan uitbroei.
Dit, omdat die swerms waarskynlik 'n klompie eiers gelê het tydens die eerste uitbreking in Februarie vanjaar. Toe het dit binne nege van die land se tien gewasproduserende streke uitgebreek.
“Die verwagting is sodra omgewingstoestande meer gepas raak, meer sprinkane kan uitbroei en dus binne alle gewasproduserende streke gaan uitbreek.”
Mnr. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, het die opmerkings Dinsdag tydens die oorhandiging van 'n skenking van N$2 miljoen vir die bestryding van die rooisprinkaan deur Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) gemaak.
Misika reken daadwerklike pogings moet tydens die gewasproduserende seisoen vanaf November 2020 tot in Maart 2021 aangewend word om die plaag te bestry.
Hy sê die EIF se skenking sal gebruik word om meer biologiese pesdoders (ter waarde van sowat N$1 miljoen), misspuite (ter waarde van N$700 000), asook chemiese respirators (ter waarde van N$104 200) aan te koop, terwyl die res gebruik sal word om hoofsaaklik persoonlike beskermende uitrusting (PPE's) te koop.
Hy sê die ministerie het intussen reeds bestrydingspanne met sowat 35 personeellede uitgestuur, asook 14 voertuie en vier spuite wat agterop die voertuie staangemaak word.
“Sowat 4 175 liter pesdoders word in dié stryd gebruik, wat Decis, Deltathrin, Servus, Cyperfos en Klorpirifos insluit,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het gehelp met lugbespuiting, terwyl die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se Namibiese tak gehelp het met biologiese pesdoders vir lugbespuiting.
VOEDSELSEKURITEIT BEDREIG
Die EIF se woordvoerder, mnr. Lot Ndamanomhata, het tydens die geleentheid gesê die pes het reeds 500 hektaar se weiding in net die Zambezistreek uitgewis en hou 'n bedreiging vir voedselsekuriteit in – veral nadat Namibië reeds 'n uitgerekte droogte ervaar het.
Terselfdertyd begin boere nou met voorbereiding vir die komende plantseisoen en kommer heers dat rooisprinkane hul eiers in sagte, vogtige grond lê.
Hy sê die Universiteit van Namibië (Unam) help om die plaag te bestry deur navorsing oor die plaag se gedrag en verspreiding te doen, terwyl daar ook gekarteer word waar hulle die meeste voorkom.
Die kaarte het gehelp om te bepaal in watter gebiede lugbestryding die doeltreffendste aangewend kan word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie