Sprokiesbruilof van Harry en Meghan is troue van die jaar
Sprokiesbruilof van Harry en Meghan is troue van die jaar

Sprokiesbruilof van Harry en Meghan is troue van die jaar

NAMPA
Dit was die troue van die jaar toe prins Harry en die Amerikaanse aktrise Meghan Markle Saterdag in die St. George-kapel by die Windsor-kasteel tydens 'n moderne sprokiesbruilof in die eg verbind is. Die huweliksbevestiging was 'n samevoeging van ou en moderne tradisies en het 'n bietjie van Hollywood na die stywelip- Britse koninklike familie gebring. Die egpaar staan nou bekend as die hertog en hertogin van Sussex. Meghan het vriende, familie, konink­likes, glanspersone, aanhangers en miljoene TV-kykers se asems weggeslaan in 'n eenvoudige, spierwit Givenchy-tabberd met 'n sluier van vyf meter lank. Vir die onthaal in die aand het sy geskitter in 'n leliewit halternekrok van Stella­ McCartney. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!