• Tuisblad
  • Sake
  • Spur kla oor ekonomie wat mense se eetlus demp
Spur kla oor ekonomie wat mense se eetlus demp
Spur kla oor ekonomie wat mense se eetlus demp

Spur kla oor ekonomie wat mense se eetlus demp

Francois Williams – Die ekonomie druk, lewenskoste is hoër, mense verloor hul werk, die krag gaan af en daar is gereeld slegte nuus oor staatsondernemings.

Dit sal enigiemand se eetlus demp. Dit is dan ook van die redes waarom verbruikersvertroue negatief bly en die Spur-restaurantgroep sukkel om in sulke taai handelstoestande sake te doen.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur, het Dinsdag verduidelik die groep se vertoning in die halfjaar tot einde Desember weerspieël die ekonomiese werklikheid waardeur Suid-Afrikaanse verbruikers in die gesig gestaar word.

Die groep se totale verkope het in die halfjaar tot einde Desember met 4,5% gegroei, maar bestaande restaurante – dié wat ook in die halfjaar tot einde 2018 sake gedoen het – het groei van net 1,2% gewys.

In Suid-Afrika het die groep 20 nuwe restaurante geopen maar vier gesluit, en internasionaal is tien nuwe restaurante geopen en vier is gesluit.

Die groep het teen Oujaarsaand 642 restaurante gehad teenoor 620 in Junie 2019. Hiervan was 83 in die buiteland, teenoor die 77 teen Junie 2019.

Die groep bedryf die Spur Steak Ranches, Panarottis, John Dory’s, The Hussar Grill, RocoMamas en nou ook Nikos Coalgrill Greek wat in Augustus 2018 oorgeneem is.

Spur Suid-Afrika verteenwoordig 60,5% van die groep se totale omset en het die afgelope halfjaar volgens Van Tonder goed presteer te midde van die ekonomiese dwarswinde.

Panarottis se totale verkope was net 1,5% beter weens kwaai mededinging van plaaslike mededingers wat hul pryse skerp verlaag om verkoopsvolumes te kan handhaaf. Panarottis het wegbeweeg van groot afslagpryse sodat sy franchise-eienaars winsgewend kan bly en om die handelsnaam volhoubaar te maak, maar dit het tesame met mededinging die omsetgroei geknou. Bestaande Panarottis-restaurante se verkope het met 1,6% gedaal as dit met die halfjaar tot einde 2018 vergelyk word.

RocoMamas is aangehelp deur ’n netto vyf nuwe restaurante, en The Hussar Grill se ryker kliëntebasis bly betreklik bestand teen die huidige ekonomiese druk, sê Van Tonder. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!