Sputnik uiteindelik hier
Vyftien duisend van die 30 000 beloofde Sputnik-entstowwe van Serwië het gister per pad in Windhoek aangekom. Die entstowwe is in 'n spesiaal verkoelde trok vervoer met die temperatuur wat gereeld gemonitor word om te verseker dat die koueketting nie verbreek word nie. Die 15 000 dosisse is bestem vir eerste dosisse, terwyl die res van die besending wat binne die volgende 20 dae verwag word, vir die tweede dosisse gebruik sal word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie