Sputnik V land in Windhoek
Henriette Lamprecht – Die Covid-19-entstof wat in Rusland vervaardig word, Sputnik V, word vanmiddag in Namibië verwag. Die entstof wat deur Serwië geskenk is, land 17:00 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako waar dit onder meer deur die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, ingewag sal word.
Volgens die hoof van die taakspan vir Namibië se immuniseringsveldtog teen Covid, me. Petronella Masabane, word 50 000 dosisse verwag.
Met verwysing na die beloofde dosisse AstraZeneca van Duitsland en wat deur Covax verskaf word, het Masabane gesê dit behoort “sou alles volgens plan verloop” teen die einde van die maand in Namibië te wees.
Sputnik V word in byna 70 lande gebruik, maar het nog nie goedkeuring van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vir sy lys vir noodgebruik gekry nie. Goedkeuring deur die WHO is noodsaaklik vir die verspreiding van die entstof deur Covax wat dosisse aan laerinkomstelande verskaf. Dis ook nie vir noodgebruik deur die Europese Medisyne-agentskap (EMA) geregistreer nie.
Sputnik V is volgens Nature die eerste teen Covid wat vir gebruik in enige land geregistreer is en is sedertdien in 67 lande, insluitend Brasilië, Hongarye, Indië en die Filippyne, goedgekeur vir gebruik. Dit is wel deur die Namibiese Medisynebeheerraad in Namibië (NMRC) vir gebruik in die land goedgekeur.
Sputnik V is ’n adenovirus-entstof wat beteken dit gebruik ’n gemanipuleerde adenovirus – ’n familie van virusse wat oor die algemeen net ligte simptome veroorsaak – as ’n afleweringsmeganisme om die genetiese kode vir die SARS-CoV-2-proteïen in menslike selle in te voeg. Dit is soortgelyk aan Oxford-AstraZeneca en Johnson & Johnson.
Sputnik gebruik verskillende adenovirusse vir die eerste en tweede dosis onderskeidelik. Die entstof is 91,6% doeltreffend teen ernstige siekte, hospitalisasie en sterfte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie