Sri Lanka is gewaarsku oor moontlike terreuraanvalle
Die reeks aanvalle, waarin sowat 500 mense ook beseer is, het vermoedelik met die ondersteuning van 'n internasionale terreurnetwerk te make, sê 'n regeringswoordvoerder.
'n Dokument wat Reuters gesien het, wys die polisie in Sri Lanka het 'n wenk op 11 April ontvang oor 'n moontlike aanval op kerke.
Luidens die dokument het 'n buitelandse intelligensieagentskap die owerhede in Sri Lanka gewaarsku oor 'n moontlik aanval deur die National Thawheed Jama'ut-groep.
Dit is nog onduidelik of owerhede gereageer het op die inligting.
Teen Dinsdag het niemand nog aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar vir die selfmoordbomaanvalle oor die Paasnaweek nie.
Die dodetal het Dinsdagoggend tot 310 gestyg, het Ruwan Gunasekara, polisiewoordvoerder van Colombo, gesê.
Sri Lanka het Dinsdag noodwetgewing bekragtig terwyl die owerhede voortgaan met hul soektog na die skuldiges.
Dinsdag is ook as 'n nasionale dag van rou in Sri Lanka verklaar ná Sondag se aanvalle op kerke en hotelle in die hoofstad, Colombo, deur sewe selfmoordbomaanvallers.
Pres. Maithripala Sirisena van Sri Lanka se kantoor sê die noodwetgewing sal die polisie in staat stel om verdagtes in hegtenis te neem en te ondervra sonder 'n lasbrief. Dié wetgewing het om middernag in werking getree.
Daarmee saam gaan 'n aandklokreël.
Die fokus is nou op militante met bande met buitelandse groepe.
Die polisie sê tot dusver is 40 verdagtes in hegtenis geneem.
Gunasekera het gesê die meeste van die verdagtes is boorlinge van Sri Lanka en dat daar nou gefokus word op die betrokkenheid van buitelanders.
Die reeks aanvalle, waarin sowat 500 mense ook beseer is, het vermoedelik met die ondersteuning van 'n internasionale terreurnetwerk te make, sê 'n regeringswoordvoerder.
KINDERS VAN DEENSE MILJADêR STERF
Denemarke se rykste man, Anders Holch Povlsen, en sy vrou, Anne, het drie van hul vier kinders in die Paassondag-ontploffings in Sri Lanka aan die dood afgestaan, het 'n woordvoerder van hul maatskappy Maandag gesê.
Die woordvoerder het nie enige verdere besonderhede verskaf nie, buiten dat die Deense media berig het dat die gesin in Sri Lanka vakansie gehou het.
Povlsen is die eienaar van die modemaatskappy Bestseller, wat handelsmerke soos Vero Moda en Jack & Jones insluit, en ook die grootste aandeelhouer is in die aanlyn winkel Asos en 'n groot aandeel in Zalando besit.
Hy besit meer as 1% van al die grond in Skotland, waar hy verskeie landgoedere het, luidens Forbes.
GEEN SUID-AFRIKANERS BESEER
Geen Suid-Afrikaners is beseer in die selfmoord-bomaanvalle in Colombo nie, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) bekend gemaak.
Dit is Maandag deur Ndivhuwo Mabaya, Dirco-woordvoerder, bevestig.
The Guardian berig egter dat minstens 30 buitelanders – onder wie burgers van Brittanje, Turkye, Japan, Nederland, China, Portugal, Australië en Indië – in hierdie gekoördineerde aanvalle dood is.
Die aanvalle word as die ergste tot nog toe in Sri Lanka beskou sedert die burgeroorlog 'n dekade gelede geëindig het.
MEDELYE
Intussen het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand ook sy medelye namens Suid-Afrika met Sri Lanka se regering en burgers uitgespreek.
“Die president veroordeel die aanvalle ten sterkste en benadruk dat Suid-Afrika – in solidariteit met die mense van Sri Lanka – sal voortgaan om sy nie-permanente setel in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad te gebruik om prioriteit aan die stryd teen terrorisme en ekstremistiese groepe wêreldwyd te gee,” sê die presidensie in 'n verklaring.
Solly Malatsi, DA-woordvoerder, het ook sy party se medelye met die mense van Sri Lanka uitgespreek. “Ons staan saam met die internasionale gemeenskap in die bevestiging van ons geloof in 'n wêreld wat op respek vir godsdienstige en kulturele diversiteit gebou is.”– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie