Sri Lanka se Leeus grom

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Met vyf van hul ses opwarmwedstryde in Dubai agter die blad, raak die dae min voordat Namibië se Eagles hul T20 Wêreldbeker-debuut in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) maak.

Gerhard Erasmus en sy manne speel Maandag (vanaf 16:00 Namibiese tyd) by die Zayed-krieketsta­dion in Abu Dhabi hul openingswedstryd van die 2021 T20 Wêreldbeker teen Sri Lanka.

Vroeër die dag (12:00) by dieselfde venue pak die ander twee spanne in groep A mekaar – Ierland teen Nederland. Net die toptwee lande sal die eer hê om na die Supertwaalffase se twee groepe vir die finale aanslag te vorder.

Uit groep B sal ook net twee uit Bangladesj (sesde op ICC T20-ranglys), Papoea-Nieu-Guinee (15de), Oman (18de) of Skotland (14de) oorleef.

Die lande wat in die Superfase wag, is Afghanistan (8ste), Australië (7de), Engeland (1), Indië (2de), Nieu-Seeland (4de), Pakistan (3de), Suid-Afrika (5de) en Wes-Indië (9de).

In 2012 het Sri Lanka as gasheerspan by die vierde T20-Wêreldbeker in Colombo teen Wes-Indië in die finaal te staan gekom, maar met 36 lopies verloor.

In die 2014 Wêreldbeker-finaal in Dhaka, Bangladesj, het die Leeus egter vir Indië met ses paaltjies geklop en die trofee omhoog gelig.

Die Windies, met twee Wêreldbekers agter hul naam, is die mees suksesvolle span in dié formaat en die verdedigende kampioen (2016 in Indië was die laaste vorige toernooi).

Indië was in 2007 in Suid-Afrika die eerste T20-wêreldkampioen. Hulle, Pakistan (2009 in Engeland), Engeland (2010 in Wes-Indië) en Sri Lanka het die trofee elk een keer gewen.

Sri Lanka moes noodgedwonge aan sy aanvanklike WB-span verander. Die beseerde Lahiru Madushanka, Nuwan Pradeep, Praveen Jayawickrama en Kamindu Mendis is intussen deur Pathum Nissanka, Akila Dananjaya, Lahiru Kumara en Binura Fernando vervang.



Boulers

Dhananjaya de Silva was in die verlede 'n integrale spanlid, maar is tans 'n skaduwee van sy ou self. Hy het vanjaar in nege T20-wedstryde nog net ses paaltjies teen gemiddeld 48.16 lopies geneem – verreweg die swakste in sy loopbaan. Met sy ervaring is hy as onderkaptein gekies.

Die span se draaiboulers sal deur Wanindu Hasaranga gelei word, maar Maheesh Theekshana het net drie internasionale T20-wedstryde (T20i) agter die blad word as 'n blink vooruitsig beskou omdat kolwers klaar­blyklik sukkel om sy aflewerings te lees.

Lahiru Kumara en die 1.98 meter lange langeraat Binura Fernando sal die Leeus se blitsaanval aanvuur.



Kolwers

Sri Lanka se kolfwerk sal deur Kusal Perera aangespoor word. Hy is pas terug ná 'n besering om die kombinasie van jeugdige en ervare kolwers te bestuur.

Dhananjaya de Silva, die gewese kaptein Dinesh Chandimal, asook die huidige kaptein Dasun Shanaka is die ervare kolwers met die jonger Avishka Fernando, Charith Asalanka, Bhanuka Rajapaksa, Nissanka en die mokerman Chamika Karunaratne wat die kolflys voltooi.

Sri Lanka, afgerig deur Mickey Arthur (die Suid-Afrikaner wat voorheen aan die stuur van die Proteas was), word tans deur die Internasionale Krieketraad as die tiende beste land op sy T20-ranglys aangedui. Ierland (12de), Nederland (17de) en Namibië (19de) volg op 'n streep.

Dinsdag het Sri Lanka sy opwarmstryd teen Bangladesj (147/7) met 4 paaltjies beklink, met ses balle oor.



SRI LANKA SE 15 LEEUS

( * Spelers op die ICC se T20-wêreld­ranglyste)

Dasun Shanaka (30, kaptein) kolf regs, regterarm mediumsnelbouler (T20i: 49 wedstryde, 611 lopies teen 15.66 per beurt, hoogste telling 54, beste boulsyfers 3/16, 15 paaltjies teen 19.39. *(42ste op ICC-ranglys van veelsydige spelers).

Dhananjaya de Silva (30, onderkaptein) kolf regs, regterarm wegbreekbouler (T20i: 23, 412 t 20.6, 62, 2/22, 5 t 28.8).

Kusal Perera (31) kolf links, paaltjiewagter (T20i: 52, 1 416 t 27.76, 84). *(37ste op die kolwers se lys).

Dinesh Chandimal (31) kolf regs, paaltjiewagter (T20i: 59, 939 t 20.41, 66 nie uit nie).

Bhanuka Rajapaksa (29) kolf regs, regterarm snelbouler (T20i: 10, 165 t 20.62, 77).

Charith Asalanka (24) kolf links, boul regterarm wegbreek (T20i: 3, 64 t 21.33, 44).

Avishka Fernando (23) kolf regs, boul regterarm mediumsnel (T20i: 22, 273 t 13, 37).

Pathum Nissanka (23) kolf regs, (T20i: 4, 81 t 27, 39).

Wanindu Hasaranga (24) kolf regs, regterarm bybreekbouler (T20i: 25, 200 t 12.5, 44, 4/9, 36 t 15.47). *(2de op boullys; 16de veelsydige spelers).

Maheesh Theekshana (21) kolf regs, regterarm wegbreekbouler (T20i: 3, 1/34, 1 t 93).

Akila Dananjaya (28) kolf links, regterarm wegbreek/bybreekbouler (T20i: 31, 61 t 7.62, 11, 3/36, 28 t 32.46). *(33ste en 46ste op kolf- en boullys).

Chamika Karunaratne (25) kolf regs, regterarm mediumsnelbouler (T20i: 6, 69 t 34.5, 24, 1/34, 1 t 89).

Lahiru Kumara (24) kolf regs, linkerarm snelbouler (T20i: 7, 2/24, 6 t 33.5).

Dushmantha Chameera (29) kolf regs, regterarm snelbouler(T20i: 31, 38 t 4.75,12, 4/17, 31 t 27.16). *(30ste op die boullys).

Binura Fernando (26) kolf regs, boul linkerarm mediumsnel (T20i: 4, 2/33, 5 t 22.80).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!