Sri Lankane begin Moslems aanval
Sri Lankane begin Moslems aanval

Sri Lankane begin Moslems aanval

Honderde Moslems het Woensdag uit die dorp Negombo in die weste van Sri Lanka gevlug omdat plaaslike Sri Lankane hul huise aangeval het.

Dit kom nadat die selfmoordbomaanvallers as plaaslike Moslems geïdentifiseer is.

Minstens 358 mense is dood in die reeks selfmoordbomaanvalle in kerke en hotels in Colombo, die hoofstad.

Kerkleiers skat sowat 200 mense is dood in die aanval op die St. Sebastiaan-kerk in Negombo, wat dit byna die dodelikste van die aanvalle maak, berig Reuters. Die totale dodetal staan op die oomblik op 359.

Moslems van Negombo het Woensdag busse volgepak wat die polisie en die gemeenskap gereël het omdat daar vir hul veiligheid gevrees is. Plaaslike Sri Lankaanse inwoners het hulle met wraak gedreig.

“Omdat die bomontploffings hier was, het die plaaslike inwoners ons huise aangeval. Ons weet nie nou waarheen om te gaan nie,” sê Adnan Ali, ’n Moslem van Pakistan wat op een van die busse geklim het, berig Reuters.

Ali en die meeste ander Moslems in Negombo behoort aan die Ahmadi-gemeenskap en nie aan die Soennities djihadistiese Moslemgroep van Islamitiese Staat (Isis) wat verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar het nie.

Die Ahmadi-groep het jare gelede uit Pakistan gevlug nadat hul sekte as nie-Moslem verklaar is.

VOORAANSTAANDE FAMILIE

Intussen is die klein Moslem-gemeenskap in Colombo geskud nadat dit bekend geword het twee van die selfmoordbomaanvallers is lede van ’n vooraanstaande familie in die stad.

Die broers Imsath Ahmed Ibrahim en Ilham Ahmed Ibrahim was volgens bronne in die ondersoek twee van die selfmoordbomaanvallers wat spesifiek Christelike kerke in die visier gehad het, berig CNN.

Hul pa, Mohamed Ibrahim, is die stigter van Ishana Export in Colombo wat homself beskryf as die grootste uitvoerder van speserye uit Sri Lanka. Hy is ook aanvanklik aangehou.

Pamuditha Anjana, ’n buurman van die Ibrahim-familie, sê hulle is “baie goed ingeskakel by die gemeenskap, baie ryk en polities ook baie goed ingeskakel”.

Die speseryemaatskappy is klaarblyklik die moedermaatskappy van die kopermyn Colossus Copper van waar nege werknemers weens die aanvalle in die hof verskyn het, berig CNN.

Inligting wat voor die aanvalle aan Sri Lanka gegee is, was besonder spesifiek en akkuraat. Zahran Hashim, die naam van die leier van die aanvallers op ’n video wat Isis Dinsdag uitgereik het, is selfs aan Sri Lanka gegee. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!