SSC en GIPF moet met Covid-19 help
SSC en GIPF moet met Covid-19 help

SSC en GIPF moet met Covid-19 help

Dani Booysen
BEKOMMERD IN DIE NAMIBIESE HUIS SKRYF:

Laat my asseblief toe om 'n stuiwer in die armbeurs te voeg oor maatreëls om te help om die virus van die eeu hok te slaan en om almal wat geraak is by te staan in hierdie tyd van intense vrees en nood wat hoog is.

Ek het gisteraand (Maandag) vasgenael gesit voor die kassie, letterlik op die punt van die rusbank, om te kyk watter maatreëls ons buurpresident, mnr. Cyril Ramaposa, aankondig om die baie miljoene Suid-Afrikaners se lot en daaglikse bestaan meer draaglik te maak te midde van die vyand in hul en ons midde. Belastingverligting, 'n spesiale noodfonds is gestig, bydrae van R500 aan elke persoon wat minder as R6 500 verdien plus nog ander waarvan ek miskien vergeet het.

Totale tuisbly behalwe vir noodsaaklike dienste en noodsaaklike handel waarsonder mense nie kan klaarkom nie. Opgeskerpte polisie en militêre teenwoordigheid en optrede teen mense wat op onverskillig wyse hierdie maatreëls verontagsaam.

Nou kom ek terug na onse eie huis en haard, waar onse agbare president en sy dinktenk ook sekere maatreëls aangekondig het om hierdie onsigbare vyand hok te slaan. Moet nie 'n fout maak nie, ons waardeer en deel met hom sy en sy span se sorg en kommer en meelewing om ons Namibiese huis sover menslik moontlik skoon en onbesmet te hou.

Wat egter van uiterse belang is, is monitering om toe te sien dat aangekondigde maatreëls streng toegepas word. Ek sien dr. Kalumbi Shangula noem dat ekstra maatreëls aangekondig kan word wat swaarkry en ongerief in die huis kan veroorsaak. Goed en wel.

Pas monitering toe deur beskikbare tegnologie. Verplig byvoorbeeld tegnologiemaatskappye in gevolge van die noodtoestand om middele daar te stel om monitering te doen soos ons lees in Singapoer gedoen word via SMS, asook deur goed opgeleide en bevoegde entiteite, wat sonder geweld en hardhandigheid sal toesien dat aangekondigde maatreëls gehandhaaf word.

In die Verenigde Koninkryk is aangekondig dat byeenkomste van meer as twee mense nie wenslik is nie en dat hulle uitmekaar gemaak sal word deur die owerhede.

Dan kom my tweede betoog en pleidooi. Wat doen die SSC en die GIPF, wat ons weet miljarde opgegaar het en belê en uitleen, om die lot van weerlose Namibiërs te versag? Ons weet dat die werkloosheidsyfer onder jongmense skokkend hoog is. Sowat 70 000 gegradueerdes sit sonder werk en dan kom die oumense nog by wat met N$1 300 kos moet koop om te deel met werkloses en wesies, water moet koop en indien moontlik ook elektrisiteit moet betaal.

Die regering se noodspan sal daadwerklik na hierdie twee superryk entiteite moet kyk. Die SSC ontvang maandeliks miljoene der miljoene van werkgewers en werknemers. Kan van hierdie geld dan nie gebruik word om werkers en werknemers met besighede wat swaarkry te help om die mas op te kom nie?

Jare terug het ek 'n berig gelees dat die SSC besig is met konsultasie om met al die opgehoopte bydraes 'n mediesefonds en pensioenfonds vir werkers daar te stel wat nie minimum lone verdien nie. Alles is doodstil daaroor, soos hul stilswye te midde van 'n globale pandemie wat Namibië nie gaan vryspring nie.

Hulle sal moet wakker skrik terwyl daar nog tyd is. Ek het nog absoluut niks in die media gelees dat hierdie geldreuse enige nasionale bydrae gemaak het om die lot te verlig van mense wat in onhigiëniese informele nedersettings woon en werk nie.

Ek hoop van harte dat hierdie betoog van my deur die regte mense raakgelees sal word en dat hulle koppe bymekaar sal sit. Ons Namibiese huis se fondamente gaan verkrummel en ons sit op 'n letterlike tydbom met hierdie dringende saak.

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!