St. Boniface doen dit weer!
Die land se beste presteerders is dit eens – dit neem harde werk, geloof en deursettingsvermoë om heel bo uit te kom.
Elvira Hattingh en Tanja Bause - Die St. Boniface College by Rundu is vanjaar weer eens die topskool in die land, met nege van die toptien beste presteerders in die Namibië Senior Sekondêre Standaardgraad (NSSCO)-eksamen wat uit dié skool kom.
Vanjaar het die meisies ook stof in die seuns se oë geskop, met sewe Eva’s wat op die toptien-lys is.
Die toppresteerders is:
1. Ngeendina Itembu (86,2%)
2. Justina Muhoka (86,1%)
3. Dilopeng Makgone (85,4%)
4. Brendane Mangundu (85,3%)
5. Martha Singunde (85,3%)
6. Tessa Kamonga (84,3%)
7. Michael Namukuwa (84,1%)
8. Frieda Kalomoh (84,0%)
9. Clothilde Sanzila (83,7%)
10. Fiina Nambambi (83,5%)
Fiina was in die Sekondêre Skool Hamibili Haufiku op Eenhana. Die ander nege het graad 12 aan die St. Boniface College voltooi.
TOPPRESTEERDERS GESELS
Ngeendina Itembu is die land se beste presteerder in die Namibië Senior Sekondêre Standaardgraad (NSSCO)-eksamen. Hy gaan vanjaar siviele ingenieurswese by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) studeer en skryf sy sukses aan konsekwentheid en toewyding toe.
“As jy sien iets werk nie, verander dit sodat jy dit kan máák werk. Luister in die klas na die onderwyser - die belangrikste dinge word gesê en nie noodwendig neergeskryf nie. As jy nie aandag in die klas gee nie, kan jy goed mis.”
Die land se naasbeste presteerder sê leerlinge moet ’n goeie begrip hê van wat hulle wil bereik. Justina Muhoka gaan geneeskunde by die Universiteit van Namibië (Unam) studeer. “Ek het vir my ouers geluister en was gefokus op dit wat ek wou bereik. Ek het ’n baie goeie ondersteuningsnetwerk van ouers en onderwysers gehad. Luister vir jul ouers en die mense in jul lewe.”
Die feit dat hulle voortdurend deur hul onderwysers en skoolhoof gemotiveer word om hard te werk, is volgens Dilopeng Makgone die rede waarom sy die derde beste presteerder in die land is. Sy gaan ’n studierigting in statistieke by Unam volg en sê dis veral belangrik om ’n positiewe houding teenoor al jou vakke in te neem en om ekstra aandag te gee aan dié waarmee jy sukkel.
Die vierde beste presteerder, Brendane Mangundu, sê dis belangrik dat leerlinge nie hul onderwysers as vanselfsprekend aanvaar nie en vir hulle luister. “Sukses begin by jouself. Bid voortdurend, werk hard en maak seker jy dien jou take betyds in” het hy gesê. Hy gaan vanjaar aptekerswese by Unam studeer.
Martha Singunde wil ook ’n studierigting in medies volg en gaan medisyne by Unam studeer. “Ek het nie werklik ’n suksesresep wat ek kan deel nie. Jy moet maar net doelgerig werk, sorg dat jy doelwitte stel en doen wat nodig is om dit te behaal.” Sy sê groepstudies saam met vriende het haar in staat gestel om die vyfde beste presteerder in die land te wees en sy sal ander kinders ook aanraai om dit te doen.
Nommer ses op die lys van toppresteerders is Tessa Kamonga. “Harde werk, die opstel van doelwitte en die bereiking daarvan het my dié punte laat behaal,” het sy gesê. Haar raad is om nooit bed toe te gaan sonder ’n plan van aksie vir die volgende dag nie. Sy gaan aptekerswese by Unam studeer.
Micheal Namukuwa gaan vanjaar eers ’n oorbruggingskursus doen voordat hy siviele ingenieurswese by NUST gaan studeer. Hy staan sewende in die land en sê ’n groot deel van sy sukses is dat hy voortdurend gebid en ook hard studeer het. Volgens hom is dit die belangrikste om na jou onderwysers en skoolhoof te luister. Sy raad aan graad 12-leerlinge is om nie klasse te mis nie, voortdurend op hul knieë te bly en hard te werk.
Die agste beste presteerder, Frieda Kalomoh, sê goeie prestasie verg harde werk en vasbeslotenheid. Sy gaan vanjaar geneeskunde by Unam studeer. “Die geduld van onderwysers, wat soms ook simpel vrae moes verduur en beantwoord, het my baie gehelp. Leerlinge moet altyd in hulself glo.”
Clothilde Sanzila sê uithouvermoë asook die ondersteuning van haar ouers en onderwysers het haar sukses laat behaal. Sy is Namibië se negende beste presteerder en gaan ook geneeskunde by Unam studeer. “God het ’n groot rol gespeel en alles verloop volgens Sy plan. Leerlinge moet altyd positief wees en gereed wees om hard te studeer sodat hulle hul doelwitte kan bereik. Glo in jouself en in God.”
Nommer tien op die lys is Fiina Nambambi. “Ek gaan geneeskunde of aptekerswese studeer. Gesondheid is belangrik en solank ek iets daarin kan studeer, is ek gelukkig.” Sy beveel aan dat leerlinge baie tyd aan hulle studies bestee en ’n positiewe houding handhaaf. “As jy druip, is dit nie ’n rede om op te gee nie, maar ’n geleentheid om beter te doen. Ek self het graad 11 gedruip en kyk waar is ek nou! Droom groot en geniet dit. Vertrou in God.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie