St. Boniface: nege uit land se tien slimstes

Gewone Vlak se beste presteerders
Mariselle Stofberg
My Zone-redaksie – St. Boniface College in Rundu het opnuut die beste individuele graad 12 NSSCO (Gewone Vlak)-eksamenuitslae vir 2020 oorheers wat gister in Windhoek bekend gemaak is.

Gideonna Awases, die land se toppresteerder in dié kurrikulum, skryf haar sukses toe aan haar vermoë om aan te pas en konsekwent te bly te midde van die chaos van ’n pandemie. Sy volg in die spoor van vele presterende voorgangers van St. Boniface.

“Die gebruik van aanlynonderrig het vir my ’n unieke leeromgewing gebied waar ek op enige gegewe tydstip my kennis en vaardighede kon toets. Op my eie tempo kon ek soveel werk as wat ek gevoel het nodig was.”

Awases hoop om ingenieurswese by die Namibië Universiteit van Wetenskap en tegnologie (NUST) te studeer.

Simon Fransisco, tweede beste in die land, is van Jakob Marengo Sekondêre Skool en hoop om ingenieurswese te studeer. Hy sê: “Covid-19 het ons gewys dit gaan nie oor tyd nie, maar oor prioriteit. Deur God en my studies te prioritiseer, was hierdie prestasie moontlik. Konsekwentheid is die sleutel tot sukses.”

Die res van die toptien kandidate is almal van St. Boniface Kollege.

Ashiyana Jona (derde) hoop om eendag ’n geoktrooieerde rekenmeester te word. “Vir my is tydsbestuur een van die belangrikste redes vir my sukses. Ek glo nog altyd in die gesegde dat ’n draai in jou pad nie die einde van die pad is nie,” het sy gesê.

Vir nommer 4 in die land, Luther Sihope, is sukes moontlik gemaak deur die ondersteuning en liefde van vriende en familie. “Hulle het my konstant aangemoedig om goed te doen en my herinner dat die enigste mens met wie ek kompeteer myself is.”

Die voornemende argitek Lugambo France (vyfde) se voorbereiding het reeds weke voor die eksamen begin. “My ouers en onderwysers het my aangemoedig om altyd my beste te gee. Hulle het my gehelp om in myself en my vermoë te glo en vandag is ek vyfde in die land.”

Vir Matheus Kalihonda (nr. 6) is ’n positiewe gesindheid die belangrikste gereedskap van enige graad 12-leerling.

“Ek het deur die jaar optimisties gebly, te midde van enige situasie. Ek hoop om eendag ’n vlieënier te word, want ek sal graag die wêreld se mooiste wonders wil sien. Ek stel ook belang in siviele ingenieurswese,” sê hy.

Innocentia Nekamba (7) het die hele jaar se inhoud weer deurgegaan ter voorbereiding van die eksamen.

“Dit was ongelooflik moeilik om in hierdie moeilike omstandighede te leer vir eksamens, maar met vasberadenheid, dissipline en harde werk het ek dit gemaak. Ek hoop om iets in die mediese laboratoriumwetenskap by NUST te studeer.”

George Kamari (8ste) wil ’n prokureur word en sê sy sukses kan aan behoorlike hersiening toegeskryf word.

“My familie het my gemotiveer om hard te werk. Hulle het my altyd ondersteun en in my geglo. Ek is oortuig daarvan dat sommige dinge onmoontlik lyk, totdat dit gedoen is.” Kamari het die agtste plek in die land behaal.

Anthea Muhapili is negende in die land. Wat haar in 2020 aan die gang gehou het, was die steun van haar familie, wat haar geleer het dat sukses nie gemeet kan word aan dít wat jy die lewe het nie, maar aan jou aantal persoonlike oorwinnings.

“Die onsigbare vyand wat ons lewens omver gegooi het, het ’n groot invloed op my skoolwerk gehad. Desondanks kom daar triomf saam met elke struikelblok. Ek sou sê in die lang termyn was selfdissipline, toewyding, harde werk en vertroue in my Almagtige God, my geheim was om goeie punte te behaal,” het sy gesê.

Kaukungwa Tuwilika, tiende in die land, sê: “Daar het nog nooit iets wonderliks gebeur nie, behalwe vir diegene wat glo dat iets binne-in hulle beter is as hul omstandighede.”

Tuwilika hoop om die Universiteit van Namibië se mediese skool by te woon en is dankbaar vir die liefde en steun van sy vriende en familie.

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!