St. Helena langer u2018onbereikbaaru2019
St. Helena langer u2018onbereikbaaru2019

St. Helena langer ‘onbereikbaar’

Ronelle Rademeyer
Abrie Burger

Prins Edward, die jongste seun van koningin Elizabeth II, was veronderstel om later vandeesmaand op die eerste geskeduleerde vlug van Johannesburg na St. Helena te vlieg vir die amptelike opening van die lughawe op 21 Mei.
Die St. Helena-regering het egter die afgelope week aangekondig dat bykomende veiligheidsmaatreëls nodig is voordat kommersiële vlugte veilig daar kan land.
Dit kom nadat Comair, wat die kommersiële vlugte sal bedryf, op 18 April ’n toetsvlug na die eiland onderneem het met ’n Boeing 737-800. Die vlieëniers het taamlik las gehad van turbulensie en wind­skuiwing op hul naderingsvlug na die aanloopbaan.
Windskuiwing verwys na die skielike verandering in windspoed of -rigting. Die faktore wat turbulensie en windskuiwing bo St. Helena veroorsaak, moet eers beter verstaan word voordat passasiersvlugte veilig daar kan land.
’n Woordvoerder van die regering op St. Helena sê hulle het van die begin af nooit die tegniese uitdagings onderskat om dié projek moontlik te maak nie.
“Windskuiwing is moeilik om te voorspel. Die teenwoordigheid en impak daarvan – wat van vliegtuig tot vliegtuig verskil – kan net bepaal word deur proefvlugte.”
Hy sê deur verdere toetsvlugte sal veilige bedryfsprosedures vir die lughawe ontwikkel word.
Stephen Forbes van Meropa Communications, woordvoerder van Comair, sê buitengewone turbulensie en windskuiwingspatrone kom by lughawens oor die hele wêreld voor.
“Historiese weerdata­ en ander variante word by bedryfsprosedures­ geïnkorporeer. Dit word aangevul deur goeie voorspelling om vlieëniers te help om toestande te verstaan en te antisipeer.”
Christopher Pickard, St. Helena se direkteur van toerisme, sê hul prioriteit is om ’n veilige en betroubare geskeduleerde lugdiens na die eiland bekend te stel.
Pickard sê daar is ’n groeiende getal internasionale toeroperateurs wat die moontlikheid ondersoek om toere na St. Helena te reël, maar almal wag eers dat veilige operasionele vlugte begin.
“Omdat daar geen haas was nie, is daar ook geen teleurgestelde toeriste en besoekers nie, want ons is nog nie vir besprekings oop nie.”
St. Helena, ’n eiland van sowat 16x8 km groot met ’n bevolking van net meer as 4 000 mense, is een van die mees afgeleë eilande ter wêreld. Sy naaste bure woon aan die Angolese kus, 2 000 km ver.
Die Suid-Afrikaanse kon­struksie­­groep Basil Read het vier jaar gelede met die bouwerk aan die lughawe begin nadat die Britse regering R3 miljard beskikbaar gestel het vir die doel.
Die heel eerste vliegtuig ooit – ’n Beechcraft King Air 200 – het in September verlede jaar van Johannesburg op St. Helena geland.
Omdat dit ’n vulkaniese eiland is met weinig gelyk grond, moes een van die “valleie” tussen die vulkaanriwwe opgevul en gekompakteer word vir die aanloopbaan. Sowat 7,6 miljoen m³ grond moes verskuif word om die terrein gelyk te maak.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!