St. Joseph verras in Classic Clash
Die 2016 FNB Classic Clashes-reeks van skolesport het Saterdag afgeskop met ’n netbalwedstryd waarin St. Joseph van Döbra ’n oortuigende oorwinning van 33-13 teen die Sekondêre Skool Eldorado behaal het.
Die wenspan se hoofdoelverdediger Katjiuanjo Kauerike is as die FNB Classic Clash speler van die wedstryd aangewys.
Die Vigo Held van die Dag was Lenita Dickson van Eldorado, wat nie net die skool se hoofmeisie is nie, maar ook ’n akademiese uitblinker is.
“Dit was die eerste keer in twee jaar dat St. Joseph teen hul ou mededingers aan die wenkant was. Hulle het vanaf die eerste minuut sterk gelyk en was ook die eerste om punte op die telbord te plaas. St. Joseph se hoofdoel Victoria Gure se treffers het ook deurgaans die telbord laat aanrol,” het FNB se me. Revonia Kahivere, bestuurder van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid, gesê.
Eldorado was agterna redelik verslae oor die uitslag. Dit is selde dat die span met sulke punteverskille verslaan word.
• Die volgende netbalwedstryd in die FNB Classic Clashes is vandag tussen Augustineum en Academia.
Vrydag wag die eerste sokkerwedstryde – tussen St. George en St. Paul, en op dieselfde dag tussen Jan Möhr en Delta.
Kahivere sê: “Almal is welkom en ons hoop om die ondersteuning van skoliere, ouers, vriende en oudskoliere te sien. Ons sien baie uit na wat hierdie reeks vanjaar inhou.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie